Sunday, 29 December 2024

Oudtroepies genooi na 'n heerlike kuieroggend


Veterane van die nasionale diensplig wat in Kimberley en omgewing woon, word na 'n saamkuieroggend vroeg in Januarie uitgenooi. Die geleentheid word op Woensdag, 8 Januarie om 10:00 by die NG Kerk Dutoitspan by Rosestraat 4 in Beaconsfield aangebied.

Belangstellendes kan hul naam, ID-nommer en die woord "Kimberley" in 'n WhatsApp-boodskap na 066-518-0402 stuur om hulle plek te bespreek!

Hope pryse is op die spel, geskenkpakkies gaan uitgedeel word asook 'n inkopiegeskenkbewys.  'n Spreker en musiek gaan deel van die kuieroggend uitmaak.

Moenie hierdie spesiale kuiergeleentheid misloop nie. Klik HIER om die berig in Noordkaap Bulletin te lees.
Onthou: Bespreek betyds!

No comments:

Post a Comment