August 4th is the day of
women working alone. Founded in 2006 by Barbara Payne, this day is a day to
celebrate and recognise the important role that single women play in our
communities and families.
Thursday, 4 August 2022
Single Working Women's Day
Monday, 1 August 2022
Vrouemaand
Augustus is tradisioneel vrouemaand. Lees gerus die artikel waar 'n ma lesse vir haar dogter neerpen.
Thursday, 28 July 2022
Gesindheid bepaal die resultaat ...
“Die kwaliteit van die werk en die kwaliteit van die werker is onlosmaaklik deel van mekaar.”
“Halfhartige pogings produseer nie halwe resultate nie; dit produseer geen resultate nie.”
Drie mense was besig om steenmesselwerk te doen. ‘n Verbyganger vra aan hulle wat is hulle besig om te doen.
Die eerste een antwoord: “Kan jy nie sien ek is besig om geld te verdien om aan die lewe te bly nie?”
Die tweede een antwoord: “Kan jy nie sien ek is besig om steenmesselwerk te doen nie?”
Die derde een antwoord: “Ek is besig om ‘n pragtige monument te bou.”
Hier is drie mense wat presies dieselfde werk doen, maar totaal verskillende perspektiewe handhaaf oor dit wat hulle doen. Hulle al drie het drie verskillende benaderings ten opsigte van die werk wat hulle doen.
En sal hul benadering tot hul werk hul prestasie beïnvloed?
Die antwoord is ‘n baie besliste JA.
Uitnemendheid word eers bereik wanneer die ondernemer trots is om slegs sy beste te lewer. Elke taak is ‘n selfbeeld van die persoon wat die werk doen, ongeag wat die taak is, hetsy dit motor was is, om die vloer te vee of om die huis te verf.
Doen dit reg die eerste keer, elke keer. Die beste versekering vir môre is ‘n werk goed gedoen vandag.
Michelangelo het ‘n lang tyd aan ‘n standbeeld gewerk. Hy het geweldig baie tyd spandeer om elke klein detailtjie weer oor te gaan en te verseker dat dit is soos hy dit wil hê. ‘n Omstander het gedink die klein veranderinkies is onbenullig en het vir Michelangelo gevra hoekom hy sy tyd daarmee mors.
Michelangelo het geantwoord: “Kleinighede maak dit perfek, maar perfekheid is nie ‘n kleinigheid nie.”
Die meeste mense vergeet hoe vinnig jy ‘n taak verrig het, maar hulle onthou hoe goed jy die taak verrig het.
Tuesday, 26 July 2022
Things I want my daughter to know about friendship
1. Not everyone is going to like you. It’s okay. (I know it won’t always feel like that’s true, but I promise it is).
2. Not everyone is going to invite you. That’s okay too.
3. You’ll never regret kindness. (Never ever).
4. If you constantly must tiptoe around them, they’re not
your people.
5. You get to choose them, so choose the ones who are
choosing you back.
6. Have high standards when it comes to friends, but don’t
be unrealistic. They’re going to mess up, so are you. Grace is essential.
7. Be yourself. Let other people be themselves right back.
8. You can’t have friends if you don’t know how to be a
friend. Focus on being the best friend you possibly can.
9. Don’t wait. You’re allowed to do the inviting and the
reaching out too.
10. Listen.
11. If you want them to be there for the big stuff, you’re going
to have to be there for each other in the small stuff too.
12. Don’t knowingly leave people out. It doesn’t feel good.
13. Gossip is garbage.
14. Drama is too. Stay above the fray, and feel free to walk
away.
15. You can’t be best friends with everyone. But you can
notice everyone. You can smile at everyone. You can say hello to everyone. You
can be good to everyone and make sure people feel seen.
16. It’s better to be genuinely loved by a few than fake
loved by a few thousand.
17. Popularity for the sake of popularity is pointless.
18. Your worth will never come from others. You must learn
to accept yourself if you want others to accept you.
19. Give more than you take, but don’t be anyone’s doormat.
Your momma didn’t raise you right so you could be walked all over.
20. Your friends should be good to you, but they should also
be good to other people. If they’re nice to you and then turn around and talk
smack about others, they’re not nice.
21. Be loyal. Stick up for your friends whether they’re
around or aren’t.
22. Friends aren’t toys to be discarded when you get bored.
Deep friendships take time and commitment.
22. Show up for your friends even if they didn’t ask you to.
If they’re going through something hard check on them, sit with them, and bring
them flowers. Be present, even if it feels awkward.
23. If Mama don’t like them, there’s probably a good reason.
24. Friendship is one of the most important things you can
invest in in life. Make the time.
25. If you get hurt, I’m always here for a hug, and to talk,
I’ve been there. Give yourself time and grace to heal, but listen my love,
don’t close yourself up and don’t shut yourself away. Opening your heart again
is worth the risk. I love you to the moon and back,
Love, Mama
[Written by Amy Weatherly & Jess Johnston]
Friday, 22 July 2022
Wees die kollega saam met wie almal graag wil werk.
- Wees kundig, doeltreffend en hardwerkend.
- Wees optimisties en entoesiasties.
- Lê inisiatief aan die dag.
- Toon leierseienskappe sonder om baasspelerig te wees.
- Wees toegewyd – moenie die een wees wat laaste opdaag en eerste die kantoor verlaat nie.
- Groet almal vriendelik wanneer jy by die werk kom. Jy beur dalk net iemand op wat bedruk voel. Doen dieselfde wanneer julle smiddae huis toe gaan.
- Gesels gerus maar oor ditjies en datjies wanneer dit geleë is, soos gedurende teetyd of etenstyd.
- Vra jou kollegas se opinie oor sake. Almal wil graag weet hul mening is belangrik. En gee erkenning, selfs al reken jy dat sy of haar mening nie van veel waarde is nie.
- Vermy skinderpraatjies – moenie oor jou kollegas praat nie en sluit jou ore vir praatjies oor hulle.
- Bly koelkop tydens ʼn konfrontasie of meningsverskil met ʼn kollega.
- Wees vrygewig met komplimente. Erkenning vir ʼn taak wat besonder goed voltooi is, of omdat hy of sy meer gedoen het as wat van hom of haar verwag is, moedig ʼn positiewe gesindheid aan.
- Erkenning of gelukwensing vir dinge buite werksverband, soos ʼn wedloop gewen, ʼn huweliksherdenking of ʼn kind wat presteer het, laat ʼn kollega voel sy of hy is meer as net iemand wat ʼn taak by die werk het om te verrig.
- Wees gemoedelik en vrygewig. ʼn Eetdingetjie saam met oggendtee, ʼn dankie-sê-kaartjie vir ʼn kollega wat jou gehelp het, of ʼn blommetjie vir iemand wat deur ʼn moeilike tyd gaan, verrig wondere.
- Handhaaf goeie kantooretiket deur byvoorbeeld oproepe of e-posse gereeld te beantwoord. Deur dit na te laat bemoeilik jy dalk die ander persoon se werk en stuur die boodskap uit dat hy of sy vir jou onbelangrik is.
- Wees nederig en erken dat jy soms nie al die antwoorde het nie. Beterweterigheid kan aanstoot gee.
- Respekteer jou kollegas deur te waak teen irriterende kantoorgewoontes, soos om die laaste koffie te drink of die laaste fotostaatpapier te gebruik sonder om dit aan te vul of te vervang. Ander dingetjies wat kan krap, is luidrugtige telefoongesprekke, oorverdowende musiek, om te hard te kou of jou koffie te slurp, of die teestasie in wanorde te laat.
- Reik uit na nuwe kollegas – laat hulle welkom voel, stel hulle aan die res van die spanlede voor, wys hulle waar al die fasiliteite is.
- Wees mededeelsaam met jou kundigheid.
- Respekteer ander se tyd deur betyds op te daag vir vergaderings en nie tyd te verspil met onnodige vrae, aan- en opmerkings terwyl die vergadering al kon verdaag het nie.
- Vermy kletspraatjies met jou kollega, veral wanneer jy sien hy of sy ervaar groot werksdruk.
- Verlig jou kollegas se werkslas indien jy nie self onder druk verkeer nie. Help waar jy kan indien hy of sy weens siekte, verlof of ʼn kursus ʼn paar dae nie op kantoor kan wees nie, of selfs wanneer jy sien sy of haar werksdruk is so groot dat dit spanning veroorsaak.
- Skep kantoortradisies deur byvoorbeeld een maal per week of per maand iets spesiaals te doen waarna almal kan uitsien te midde van werksdruk. Gaan eet saam koek by die kafeteria, bring ʼn eetdingetjie wanneer jy verjaar, of bestel een Vrydag per maand wegneemetes wat almal saam kan geniet.
Thursday, 21 July 2022
10 karaktereienskappe
Daardie spesiale gevoel wat jou warm en wonderlik laat voel.
RESPEK
Om ander so goed te behandel soos wat jy graag behandel sal wil word.
WAARDERING
Om dankbaar te wees vir al die goeie wat jy in die lewe ontvang.
BLYDSKAP
Die volle genieting van elke oomblik wat aan jou geskenk word met ‘n glimlag wat daarvan getuig.
VERGIFFENIS
Die vermoë om uitlokking die rug te keer sonder enige woede.
MEDEDEELSAAMHEID
Die vreugde om te gee sonder enige gedagte om iets in ruil te ontvang.
EERLIKHEID
Die kwaliteit om altyd die waarheid te vertel.
INTEGRITEIT
Die suiwerheid om altyd te doen wat reg is, ongeag die gevolge.
DEERNIS
Die essensie om iemand ander se lyding te deel terwyl jy die pyn help verlig.
VREDE
Wednesday, 20 July 2022
'n Daad van liefde ...
Een dag roep Jannie een van die vroue by sopkombuis eenkant en vra of hulle nie dalk ekstra kos het wat hy by die huis kan gaarmaak nie. "Kan antie vir my sê hoe 'n mens dit gaarmaak," wou die seuntjie weet toe die vrou 'n sak aan hom oorhandig! "Moet ek dit vir jou neerskryf sodat jy dit vir jou ma kan gee," wou die dame weet. Die seuntjie laat sy kop sak en trane rol oor sy vuil gesiggie.
"Het ek iets verkeerd gesê," wou die dame weet, terwyl sy die seuntjie nadertrek en met arms vol liefde omhels. Die seun kyk op en sê: "Dit sal nie nodig wees om dit neer te skryf nie ... antie kan maar net sê hoe en ek sal onthou hoe dit gedoen moet word." Sy oë skiet vol trane terwyl hy sê: "My mammie is blind en siek, en ek wil vir haar die kos gaarmaak sodat sy gesond kan word."
Skrywer onbekend
Thursday, 14 July 2022
Skoene vir die koue winter
'n Kaalvoetseuntjie staan op 'n koue wintersdag voor 'n winkelvenster. Verlangend kyk hy na die wintersklere en skoene wat so keurig uitgestal is.
Die vrou stap by die winkel in en versoek die winkelklerk om 'n paar skoene en sokkies te kry, asook 'n emmer water en 'n handdoek. Sy was en droog die seuntjie se voetjies af. Toe trek sy sokkies en skoene vir hom aan en koop nog 'n paar skoene wat sy in 'n winkelsak laat sit.
Hierdie soort gee is net moontlik met Christus in ons hart.
[Dankie, Lynette Muller]
Klik HIER vir nog inspirasie
Tuesday, 12 July 2022
Onthou ...
Voor jy praat, LUISTER
Voor jy skryf, DINK
Voor jy spandeer, VERDIEN
Voor jy belê, ONDERSOEK
Voor jy kritiseer, WAG
Voor jy bid, VERGEWE
Voor jy opgee, PROBEER
Voor jy afree, SPAAR
Monday, 11 July 2022
Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien?
"Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien of hoekom laat die Here toe dat dit met my gebeur?"
Hier is ‘n eenvoudige, maar logiese verduideliking!
‘n Dogter vertel aan haar Ma hoe alles verkeerd gaan in haar lewe. Sy het haar wiskundetoets gedruip, haar kêrel het haar skielik gelos, sy het nie 1ste span vir netbal gekry nie en boonop is haar beste vriendin se pa verplaas en sy gaan dus weg. Haar lewe voel soos een groot gemors!
Terwyl sy vertel is haar Ma besig om ‘n sjokoladekoek te bak. Sy kyk besorg na die dogter en vra of sy nie lus is vir iets lekkers om te eet nie.
“O ja!” sê die dogter, “Ma weet mos ek is mal oor Ma se sjokoladekoek!”
"Hier" sê haar Ma, "kry solank ‘n bietjie van die kookolie."
'Wat dan van ‘n rou eier?" Vra die Ma.
"Eet dan solank ‘n bietjie meel of bakpoeier" sê Ma.
Haar Ma glimlag stil en sê: "Dis waar, al hierdie bestanddele op hulle eie is glad nie lekker nie, maar wanneer ek dit alles bymekaar sit op die regte manier, maak dit die heerlikste sjokoladekoek! So werk ons God op dieselfde manier. Ons wonder baie kere hoekom sekere goed in ons lewens gebeur, maar wanneer ons God toelaat om dit alles in Sy tyd op Sy manier bymekaar te sit, werk dit altyd ten goede uit as ons bly glo en op Hom vertrou.
Ons moet dus leer om op Hom te vertrou en te glo dat dit alles deel is van Sy plan, om op die ou einde vir ons iets wonderliks te skep, want God se planne is nie ons planne nie, en God se tyd is nie ons tyd nie."
Thursday, 7 July 2022
Die mooi wat dieper as teerpaaie en winkels lê
![]() |
| Dis nie net die Gautengers wat met 'n 7de Laan kan spog nie. 7de Laan in die NK se juwele is sy mense. Hulle is nie "akteurs" nie, maar hulle is regte mense met regte probleme en omgeeharte. |
![]() |
| Hierdie foto's is geneem in die omgewing van Warmsand en Fosterseiland. |
Is ek 'n diensbare instrument?
Liewe Vader, gee my ’n hart vol omgee vir my medemens sodat my eerste prioriteit nie sal wees om myself te verryk en na “my brood” te soek nie, maar dat ek sal bid en my sal beywer vir “óns daaglikse brood”. Ek wil my talente, gawes en goeie beplanning gebruik in diens van U en u koninkryk, en nie om groter skure vir myself te bou nie. Amen.
Wednesday, 6 July 2022
Kinders is belangrik in Keimoes
![]() |
| Voor die verandering ... |
![]() |
| Na die mooimaak en regmaak ... |
Gelukkig was me. Christelle met die "opening" van die klaskamer daar en kon sy hulle bederf met noodsaaklike skryfbehoeftes wat skoolgaan net makliker gaan maak. Mnr. André du Plessis het altyd gesê dat die naaste helpende hand aan die einde van jou eie arm is. En hier word die voorbeeld vir die gemeenskap gestel.
Tuesday, 5 July 2022
Jy is nie 'n mislukking nie ...
Dit beteken wel dat jy nog nie suksesvol was nie.
Mislukking beteken nie dat jy nog niks bereik het nie ...
Dit beteken wel dat jy al iets geleer het.
Mislukking beteken nie dat jy ‘n dwaas was nie ...
Dit beteken wel dat jy hope geloof het.
Mislukking beteken nie dat jy verneder is nie ...
Dit beteken wel dat jy bereid is om te probeer.
Mislukking beteken nie dat jy nie oor die vermoë beskik nie ...
Dit beteken wel dat jy dit op ‘n ander manier moet probeer doen.
Mislukking beteken nie dat jy minderwaardig is nie ...
Dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.
Mislukking beteken nie dat jy jou lewe gemors het nie ...
Dit beteken wel dat jy ‘n rede het om van vooraf te begin.
Mislukking beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
Dit beteken wel dat jy harder sal moet probeer.
Mislukking beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
Saturday, 25 June 2022
Ek en jy is spesiaal in God se oë ...
en baie spesiaal gemaak het.
Ek is nie kwaad vir U daaroor nie.
Ek wil net vir U dankie sê daarvoor.
Here help ander wat doof en blind en verlam is
of enige iets anders makeer,
om nie vir U kwaad te wees nie,
maar bly te wees,
omdat U hulle so spesiaal gemaak het.
Amen
[Die uit-die-hart-gebed van 'n 9-jarige dogtertjie wat doof is, maar elke dag die lewe voluit aanpak.
Haar lewensmotto: Gryp die dag van vandag aan en gee jou alles.
Sunday, 8 May 2022
Thursday, 5 May 2022
Donderdag: Dink hieroor ... Dis my boetie se beurt ...
Maar een oggend was daar 'n ligte kloppie aan die skoolhoof se deur en n tingerig geboude man het daar gestaan. Die skoolhoof het gegroet en toe stel die man homself voor: Ek is Mnr Buys en ek het kom aansoek doen vir die pos van matriekonderwyser. Die skoolhoof het die man op en af gekyk en toe vir hom gesê: Dankie Mnr Buys, maar groter en sterker manne as jy het al aansoek gedoen en het maar weer stert tussen die bene 'n paar weke later weggesluip.
Mnr Buys het die skoolhoof in die oë gekyk en toe gesê: Dan het jy mos niks om te verloor deur my 'n geleentheid te gee nie. Ek sien kans vir hierdie klas. Die skoolhoof het sy bedenkinge gehad, maar het te sleg gevoel om vir hierdie man te sê dat hy heeltemal te klein en maer is vir hierdie klomp belhamels en het hom toe aangestel.
Die volgende oggend was die matriekklas op hul beste, die geraas is deur die hele skool gehoor. Daar was 'n vreeslike rumoer wat deur die gange ge-eggo het. Die klasdeur het oopgegaan en mnr Buys het stadig by die deur ingeloop terwyl hy die hele spul so op en af bekyk, hy het agter sy tafel gaan staan en net gekyk, nie 'n woord gesê nie.
Daar het skielik 'n doodse stilte oor die matriekklas neergedaal. Of dit verbasing was omdat so 'n klein verpiepte mannetjie die mannemoed gehad het om by hulle klas in te stap, en of dit net die atmosfeer was wat die man omvou het - wat ook al die rede - die stilte was voelbaar.
Mnr Buys het van die geleentheid gebruik gemaak om die klas te groet, homself voor te stel en hulle te vra om asb hulle plekke in te neem. Hy verduidelik toe vir hulle dat hy orde en dissipline gaan toepas, maar met die verskil, dat hulle die reëls en die straf sal bepaal. Hy gaan staan toe voor die swartbord en vra hulle watter reëls hulle wil instel. Die een groot belhamel met die naam van Jakobus spring toe op en skree:"Daar mag geen diefstal wees nie", en mnr Buys skryf toe GEEN DIEFSTAL.
Die volgende ou spring toe op en sê daar mag geen vloekery wees nie, en mnr Buys skryf GEEN VUIL TAAL, en so het die klomp hul totaal en al oorgegee aan die genot van die maak van die reëls. Toe staan mnr Buys eenkant en sê dit is nou goed so, maar wat van die straf as een van hierdie reëls verbreek word. O dit is maklik skree ou Jakobus weer, 10 van die bestes met die rottang. Goed sê mnr Buys, so sal dit wees en skryf toe die straf ook op die bord.
Die dag het redelik vlot verloop en die pouse het aangebreek.
Na pouse storm Jakobus die klas binne en sê vir mnr Buys, "My toebroodjies is gesteel, en die reëls sê daar mag nie gesteel word nie, so die skuldige moet asb gestraf word". Mnr Buys vra toe of hy weet wie die brood gesteel het, Ja, sê Jakobus, dit was Klaas. Mnr Buys vra toe wie Klaas is, en agter in die klas staan 'n maer, verwaarloosde seun stadig op. Mnr Buys vra hom toe of hy die brood geneem het en hy sê toe ja, hy het. Mnr Buys kyk toe vir die kind en sien dadelik die hongerpyne op die seun se gesig raak, maar hy het ook besef as hy nie die nodige disipline toepas nie, gaan hy ook druipstert die skool verlaat. Hy versoek toe vir Klaas om vorentoe te kom.
Klaas was die toonbeeld van armoede, die skoene was stukkend, en oor sy skoolbroek het hy 'n oorgrote baadjie gedra wat hy styf voor toegevou het. "Klaas trek uit jou baadjie en kom buk". Klaas kom toe vorentoe en buk met die baadjiepante nog steeds styf vasgehou. "Nee Klaas, die baadjie is te lank en dit hang oor jou boude, jy moet dit asb uittrek". "Ag meneer", smeek Klaas, "ek sal buk want ek is skuldig, maar asb meneer, net nie my baadjie nie".
Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weet hier is groot behoefte, maar ter wille van die dissipline van die klas moet die seun gestraf word. Hy versoek toe weer vir Klaas om sy baadjie uit te trek, en weer smeek hierdie maer verwaarloosde kind: "Meneer, ek sal enigiets doen, maar asb meneer, ek kan nie die baadjie uittrek nie".
Mnr Buys kon ook nie toegee nie, en sê weer: "Kom Klaas, uit met die baadjie" en toe Klaas sien hy gaan die baadjie moet uittrek, maak hy dit oop en laat dit stadig grond toe gly en staan voor die onderwyser met net die broek aan sy lyf.
"Klaas waar is jou hemp" vra mnr Buys. "Meneer, in ons huis is daar net een hemp en een baadjie en dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te dra. En meneer ek het nie bedoel om die brood te neem nie, ek het gedink Jakobus gaan dit net weer in die asblik gooi soos elke dag, en ek was so honger, toe dink ek hy sal nie eens agterkom dat die brood weg is nie".
Mnr Buys het gemaak of hy na iets op die bord kyk om hom geleentheid te gee om sy emosies onder beheer te kry. Toe draai hy om en sê: "Klaas, jy verstaan dat ek wel die dissipline moet toepas. Jy verstaan dat ek nie 'n uitsondering kan maak nie", en Klaas kyk hom in die oë en sê: "Ja meneer, ek verstaan" en toe buk hy, en Mnr Buys tel die rottang op om die eerste hou te slaan, toe breek Jacobus se stem die stilte in die klas, "Wag Meneer moenie hom slaan nie." Mnr Buys kyk na Jacobus en sê: "Nee die straf moet toegepas word vir die oortreding van die reëls". "Nee meneer, moenie hom slaan nie, hy was honger, los hom ek sal in sy plek kom buk om die straf te kry."
Daar was nie n droë oog daardie dag in daardie klas nie. Maar net so het daar Iemand ook voor die Vader gestaan en gesê, Asseblief Vader moenie hulle straf nie, Ek sal in hulle plek die straf neem. Kom ons maak 'n punt daarvan om in hierdie nuwe dag, hierdie nuwe week opnuut vir Jesus dankie te sê vir die straf wat Hy namens ons verduur het. Laat mens dink, dink voor jy praat en doen aan andere wat jy graag wil hê gedoen moet word aan jou.
Sien ook die nood raak van die ander met wie jy 'n pad kruis.
JY KAN 'N VERSKIL MAAK! MAG GOD JOU SEEN!
Wednesday, 27 April 2022
Thursday, 7 April 2022
Donderdag: Dink hieroor ... 12 wisdom rules
1. God wants spiritual fruit, not religious nuts.
2. There is no key to happiness. The door is always open.
3. Silence is often misinterpreted, but never misquoted.
4. Dear God, I have a problem, it’s me.
5. Laugh every day, it’s like inner jogging.
6. Blessed are the flexible for they shall not be bent out of shape.
7. The most important things in your home are the people..
8. As a child of God, prayer is kind of like calling home everyday.
9. He who dies with the most toys is still dead.
10. It’s all right to sit on your pity pot every now and again.
11. Surviving and living your life successfully requires courage.
12. Be more concerned with your character than your reputation, because your character is what you really are, while your reputation is merely what others think you are.
Author: Unknown




















