Thursday 7 July 2022

Die mooi wat dieper as teerpaaie en winkels lê

Dis nie net die Gautengers wat
met 'n 7de Laan kan spog nie.
7de Laan in die NK se juwele is
sy mense. Hulle is nie "akteurs"
nie, maar hulle is regte mense
met regte probleme en
omgeeharte.
 
Hier vra selfs die GPS-tannie
vir die inwoners rigting. As jy
die grondpaadjie volg, kom jy
by huise uit en ry jy om daardie
huise dan gaan die paadjie na
nog huise. Wegsteekhuisies
waarvan net die inwoners weet.
'n Mens ry 'n paar keer oor
enkelbaanbruggies wat oor vertakkings
van die Oranjerivier gebou is

Hierdie foto's is geneem in die
omgewing van Warmsand
en Fosterseiland.



Die meeste mense wat in hierdie om-die-draai-huisies woon, doen seisoenswerk op die plase. Soos in die res van die land is werk nie volop in die deel nie en armoede vier hoogty. Die plaaswinkels voorsien in die mense se dringendste behoeftes, anders gooi hulle duim na Keimoes of Kakamas toe. Daar is ook 'n groot Rooms Katolieke sendingstasie, met 'n skool van graad 1 tot 12. Die kinders maak van busvervoer gebruik skool toe, maar eers moet hulle tot by die hoofpad loop en smiddae weer terug ... in wind, reën en sonskyn ...  

No comments:

Post a Comment