Monday 11 July 2022

Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien?


"Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien of hoekom laat die Here toe dat dit met my gebeur?"

Hier is ‘n eenvoudige, maar logiese verduideliking!

‘n Dogter vertel aan haar Ma hoe alles verkeerd gaan in haar lewe. Sy het haar wiskundetoets gedruip, haar kêrel het haar skielik gelos, sy het nie 1ste span vir netbal gekry nie en boonop is haar beste vriendin se pa verplaas en sy gaan dus weg. Haar lewe voel soos een groot gemors!

Terwyl sy vertel is haar Ma besig om ‘n sjokoladekoek te bak. Sy kyk besorg na die dogter en vra of sy nie lus is vir iets lekkers om te eet nie.

“O ja!” sê die dogter, “Ma weet mos ek is mal oor Ma se sjokoladekoek!”

"Hier" sê haar Ma, "kry solank ‘n bietjie van die kookolie." 

"Yuck!" sê die dogter.

'Wat dan van ‘n rou eier?" Vra die Ma.

"Ooooh Gross, Ma!"

"Eet dan solank ‘n bietjie meel of bakpoeier" sê Ma.

"Maaaa! Daai goed is als yucky!"

Haar Ma glimlag stil en sê: "Dis waar, al hierdie bestanddele op hulle eie is glad nie lekker nie, maar wanneer ek dit alles bymekaar sit op die regte manier, maak dit die heerlikste sjokoladekoek! So werk ons God op dieselfde manier. Ons wonder baie kere hoekom sekere goed in ons lewens gebeur, maar wanneer ons God toelaat om dit alles in Sy tyd op Sy manier bymekaar te sit, werk dit altyd ten goede uit as ons bly glo en op Hom vertrou.

Ons moet dus leer om op Hom te vertrou en te glo dat dit alles deel is van Sy plan, om op die ou einde vir ons iets wonderliks te skep, want God se planne is nie ons planne nie, en God se tyd is nie ons tyd nie."

[Klik HIER vir nog inspirasie]

No comments:

Post a Comment