Wednesday 20 July 2022

'n Daad van liefde ...

Jannie is 'n 10-jarige seuntjie wat twee keer per week na die sopkombuis in hul buurt gaan. Terwyl ander kinders hul kos net daar eet, het Jannie sy kos geneem en haastig huis toe gehardloop, van die kinders wat daar was, het hom al begin uitlag, want hul het opgelet dat sodra Jannie sy kos kry, is hy haastig om by die huis te kom.

Een dag roep Jannie een van die vroue by sopkombuis eenkant en vra of hulle nie dalk ekstra kos het wat hy by die huis kan gaarmaak nie. "Kan antie vir my sê hoe 'n mens dit gaarmaak," wou die seuntjie weet toe die vrou 'n sak aan hom oorhandig! "Moet ek dit vir jou neerskryf sodat jy dit vir jou ma kan gee," wou die dame weet. Die seuntjie laat sy kop sak en trane rol oor sy vuil gesiggie.

"Het ek iets verkeerd gesê," wou die dame weet, terwyl sy die seuntjie nadertrek en met arms vol liefde omhels. Die seun kyk op en sê: "Dit sal nie nodig wees om dit neer te skryf nie ... antie kan maar net sê hoe en ek sal onthou hoe dit gedoen moet word." Sy oë skiet vol trane terwyl hy sê: "My mammie is blind en siek, en ek wil vir haar die kos gaarmaak sodat sy gesond kan word."

Skrywer onbekend

[[Klik HIER vir nog inspirasie]

No comments:

Post a Comment