‘n Mens wonder altyd hoe ’n engel lyk? Het jy nie al ook gewonder nie??
Daar is gedurig engele om ons. Ons moet net leer om hulle raak te sien.
Hierdie engele is doodgewone mense, soos ek en jy, wat altyd daar is op die regte tyd en die regte plek om ons te help, te bemoedig, te ondersteun, of sommer net om ons heerlik te bederf.
Tannie Mittah is Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se engel in lewende lywe. Elke dag toor sy die heerlikste kos in die kombuis op. Sy deel nie haar resepte nie, maar sy deel met groot liefde haar produkte. Klik HIER om van die heerlikste wildspasteitjies in Kimberley te koop. Die fondse gaan vir Kiddies en daarom sit sy 'n ruim skoot liefde by elke baksel in.
Moenie hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip nie.

No comments:
Post a Comment