Op hierdie stadium word daar koekies in die kombuis gebak asof dit uit die mode gaan. (Klik HIER om te sien watter soorte alles beskikbaar is.)
Ouma Annie se resepte word ingespan en kort-kort maak Tommie 'n draai by die kombuis om 'n sogenaamde kwaliteitstoets te doen. Ek dink dis net 'n verskoning om weg te lê aan die heerlike tuisgebakte koekies.
Nou sal julle verstaan hoekom ons vandag na idiome kyk waarin die woord koek(ies) voorkom.
* Dit is so skaars soos koekies in die weeshuis.
Betekenis: Dit is baie skaars (behalwe hier by Christina Kiddie!)
Betekenis: Jy wag om te sien hoe sake gaan verloop of watter uitkoms 'n bepaalde situasie gaan hê.
* Iemand vat die koek.
Betekenis: Iemand oortref almal, of is die grootste sondebok/presteerder.
*Die koek het in die as geval.
Betekenis: 'n Bepaalde saak of onderneming het misluk.
* Die koek is in die was.
Betekenis: 'n Informele uitdrukking (veral in sekere streke) wat beteken alles is verlore, dit is 'n mislukking, of dinge loop skeef.

No comments:
Post a Comment