Hierdie was 'n spesiale mark - julle kon geskenkies (en daar was baie) vir pa, oupa of manlief koop - handgemaakte hartspresente, want Sondag, 21 Junie, is Vadersdag! Ons het die mooiste gelamineerde Vadersdagkaartjies gehad waaruit jy kon kies - gratis ...
Die enigste vereiste was dat jy darem die mark moes besoek het. Ai, Kimberliete, het julle sowaar koue voete (of is dit wintersvoete) Saterdagoggend gekry?
Vir Mona wat uit haar pad gegaan het om die reëlings so seepglad as moontlik te laat verloop, 'n yslike groot Kiddie-DANKIE! Geen van jou vriendelikheid en die ongevraagde ekstra myle gaan ongesiens verby nie.
En nou sien ons uit na die volgende mark - ook 'n wintersmark - maar hierdie keer gaan die stewige voetverkeer sorg vir 'n heerlike warm sonnige mark!! Sien jou die 4e Julie by dieselfde plek!



No comments:
Post a Comment