Tuesday, 13 January 2026

Ruben-idiome: Honde

Vandag is die tweede sarsie idiome. Ek hoop julle onthou nog verlede week s'n. Geniet dit! 

* So siek soos ‘n hond wees.
Betekenis: Baie siek wees.

* Soos kat en hond lewe.
Betekenis: In onenigheid lewe, voortdurend rusie maak (veral van 'n man en 'n vrou gesê).

* Twee honde veg om een been, die derde loop daarmee heen.
Betekenis: Twee mense of partye twis oor iets en 'n derde trek die voordeel daaruit.

* Vir die kat kwaad wees en die hond skop.
Betekenis: Jou op ‘n onskuldige persoon wreek as jy kwaad is.

* Wors in ‘n hondehok soek.
Betekenis: Iets soek waar jy dit nie sal kry nie.

No comments:

Post a Comment