Tuesday, 6 January 2026

Ruben-idiome: Honde

Kyk, Maats, ek is lief vir stories, grappies, idiome en Afrikaans. Elke Donderdag deel ek met julle 'n storie waarvan die inhoud my op een of ander manier geraak het. En terwyl ek so sit en lees, dink ek daaraan dat julle nie meer idiome gebruik nie. Idiome raak skaars. Idiome is die blink juwele in 'n gesprek - die stukkie sin wat jou tone laat omkrul van die lekkerte, want 'n mens kan die prentjies in jou kop sien. 

Daarom het ek besluit om een maal 'n week na idiome te kyk en met julle te deel. Vandag begin ek met die letter H. En dit is nie om dowe neute nie. Elkeen van die volgende paar weke se idiome gaan die woord HOND inhê. Ek wil kyk hoeveel van hierdie idiome julle kan memoriseer. Geniet dit! 

* Agter elke hond aan blaf.
Betekenis: Ander napraat sonder om 'n eie mening te hê.

* As 'n mens 'n hond wil slaan, kry jy maklik 'n stok.
Betekenis: 'n Mens kan altyd 'n rede kry om ander kwaad aan te doen.

* Baie honde is ‘n haas se dood. 
Betekenis: Deur samewerking word veel uitgerig.

* Bekend soos die bont hond.
Betekenis: Alom berug.

* Blaf met die honde en huil met die wolwe.
Betekenis: Met persone van verskillende menings saampraat/met almal saampraat.

No comments:

Post a Comment