Thursday, 22 January 2026

Ruben se een minuut gedig: Oom Jakkalaas

Oom Jakkalaas, die slimme dier,
drafstap deur die Katrivier,
toe klink daar, droewig, ʼn geluid:
dis die boer wat vir sy honde fluit.

Oom Jakkalaas draf ʼn rant verby,
oom Jakkalaas trek sy stert opsy;
hy’t ʼn perdevel-hoed en ʼn wildekat-jas,
en styf om sy nek hang ʼn muishond-das.
 
Oom Jakkalaas vlug, oom Jakkalaas draai,
en die honde die byt dat die hare so waai,
maar iewers daarbo in die doringbos
het hond en sy maat die ou-oom gelos.
 
Die kinders die skree: “Oom Jakkals is dood!
Vanaand gaan ons hom in die kleinpotjie kook.”
Maar oom Jakkalaas draf waar die heuningvoël fluit,
en met die gefluit is my storietjie uit.
 
* Anoniem

Uit: Mallemeule, Perskor, 1989

No comments:

Post a Comment