Tuesday, 20 January 2026

Ruben-idiome: Honde

My ouma Annie is so lief vir idiome. Ek het haar gevra om vir my 'n paar honde-idiome gestuur. Jy kan sommer sien hierdie idiome kom van iemand wat van goeie maniere en dissipline hou. Lekker leer!

* Elke hond is baas op sy eie werf.
Betekenis; Elkeen is die meester van sy eie huis/elkeen voer gesag op sy eie gebied.

* Dooie honde byt nie.
Betekenis: Dooies is onskadelik.

* Dag, hond.
Betekenis: Sê dit vir iemand wat nie groet nie.

* Dankie, hond.
Betekenis:  Teregwysing aan iemand, veral ‘n kind, wat nie dankie gesê het nie.

* Nie hond haaraf maak nie.
Betekenis: Niks uitrig nie.

No comments:

Post a Comment