Wednesday, 5 February 2025

Verjaardagengele bestaan regtig


Drie verjaardagengele het vandag by ons kom kuier!! Ons opgewondenheidsmeter het gevaarlik in die rooi in beweeg. 'n Yslike groot DANKIE aan Charlotte en haar twee regterhande, Mercia en Liezel, van die *Sandwich Shop. Charlotte het onderneem om 2025 spesiaal te maak deur vir elke inwoner sy of haar droomverjaardagkoek te bak. Elkeen van hierdie koeke getuig van liefde, omgee en kreatiwiteit.


* Klik HIER vir meer inligting!

No comments:

Post a Comment