Friday, 21 February 2025

Ruben praat oor Wêreldmoedertaaldag


Liewe Maats

Hierdie is net 'n kort ou briefietjie om julle te herinner aan Wêreldmoedertaaldag. Dit maak nie saak hoeveel tale jy kan praat nie, jou moedertaal bly die basis en wegspringplek van al die ander tale.

'n Onlangse berig wat ek gelees het, beskryf die term moedertaal as volg: Jou identiteit spreek uit die woorde wat jy geken het lank voordat jy jouself geken het!

Maats, hierdie is 'n mondvol. Ek moes self hierdie stukkie twee keer lees, sodat die waarde van die sin by my kon insink. En ek weet ek stem saam, want blaffiaans kom sonder dink by my op. 
 
Dis in my moedertaal waar ek tuis voel ... die taal waarin ek kwaad word ... die taal waarin ek omgee ... die taal waarin ek droom! Vier vandag jou moedertaal saam met ons klomp hier by Christina Kiddie!
 
Dankie dat julle so goed gereageer het op my uitnodiging vir oorspronklike moedertaalgedigte. Ek het die gedigte teen die kennisgewingbord vasgespeld. Gaan lees gerus die oulike pogings. Julle klomp is regtig oorspronklik. Ek plaas die eerste drie gedigte wat ek gekry het:

* Die beste woord
in my moedertaal is brood
Die tweede beste een
is beslis been
alhoewel ek been bo brood verkies
sê ek dit sommer tong in die kies!

* Ruben is ons geliefde huishond
deesdae is Tommie ook hier rond
ons is baie lief vir albei
en maak seker dat hulle ons nie vermy.

* Бехтарин сухан
ба забони модарии ман нон аст
Дуюм беҳтарин
бешубҳа устухон аст
гарчанде ки ман устухонро аз нон афзалтар медонам
Ман инро бо забон мегӯям!

En op hierdie hoë noot, blaf ek vir elkeen van julle 'n heerlike naweek toe.

Ruben-groete tot 'n volgende keer!

   

No comments:

Post a Comment