Saturday, 8 February 2025

Ruben-humor: Diereraaisels

* "Wat het van jou broer geword?" vra die een krokodil aan die ander. "Ek het hom lanklaas gesien."
"O, hy toer die hele wêreld vol. Hy's deesdae 'n reistas."

* "Ek wil graag 'n paar krokodilvelskoene hê," sê die klant in die skoenwinkel.
Assistent: "Sekerlik, Meneer. Watter grootte velskoene dra u krokodil?"

* Watter kant van die hoender het die meeste vere?
Die buitekant. 

* Wat het die een hen vir die ander hen gesê?
"Lê, stil."

No comments:

Post a Comment