Daar was 'n arm seun wat elke dag koerante verkoop het om sy skoolgeld te kan betaal. Op 'n dag was hy só honger dat hy besluit het om kos by die volgende huis wat hy besoek het, te vra. Verskeie mense het geweier om vir hom kos te gee. Hoe verder hy geloop het, hoe hongerder het hy geword. Uiteindelik het hy by 'n huis gekom waar 'n meisie vir hom 'n glas melk aangebied het. Sy het geweier dat hy daarvoor betaal. Baie jare later het hierdie meisie siek geword. Geen dokter wou haar help nie. Sy het besluit om na die beste dokter in die buurdorp te gaan. Die dokter het haar maande lank behandel, hoewel sy geweet het dat sy nie die tipe behandeling kon bekostig nie. Toe sy die dag ontslaan word, het sy ook die hospitaalrekening gekry. In groot rooi letters het daar gestaan: "Ten volle betaal, met 'n glas melk."
Wat het ek uit die storie geleer?
* Goeie dade word altyd beloon.
* Volg jou droom na, ten spyte van jou omstandighede.
No comments:
Post a Comment