Daar is baie planne en idees om die verhouding tussen 'n pa en sy kinders te versterk.
Hier is 'n paar om die bal aan die rol te sit!
▼ Lees vir jou kleuter 'n storie of vertel vir hulle 'n storie
▼ Word jou kind se held - raak 'n betrokke pa.
▼ Luister na jou kind, sonder om te preek of raad uit te deel.
▼ Maak tyd vir pret - besoek plekke, skop bal, kamp in die agterplaas.
▼ Prys jou kind - ook voor sy maats.
▼ Neem verantwoordelikheid vir jou kind se spirituele groei.
▼ Wees 'n geduldige pa in 'n ongeduldige en haastige wêreld.
Wednesday, 20 June 2018
Tuesday, 19 June 2018
Training of Isobantwana volunteers
![]() |
| Empowerment of volunteers to identify, address and refer social challenges of children e g child abuse, domestic violence, substance abuse, HIV/AIDS, etc. Create an awareness of different legislation relevant to children, especially the Children's Act 38 of 2005. Photos: Christelle Hattingh |
Monday, 18 June 2018
Die belangrike rol van 'n pa ...
Met Vadersdag nog vars in ons geheue, gaan ons hierdie week kyk na die baie belangrike rol wat pa's in hulle kinders se lewens speel.
Om 'n pa te wees, is 'n wonderlike voorreg, maar ook 'n groot verantwoordelikheid. 'n Pa moet bereid wees om opofferinge te maak - dis die enigste manier hoe jy kan wys dat jou kind vir jou belangrik is.
Baie boeke is oor hierdie onderwerp geskryf, maar ons volstaan met net 'n paar gedagtes:
* Die kernrol van 'n pa is om veiligheid en sekuriteit te bied in hierdie onseker wêreld waarin ons lewe ...
* 'n Pa is die gesin se geestelike begeleier, lewensafrigter en bemoediger.
* As getroue wetstoepasser, lê hy die grondslag vir gehoorsaamheid.
* Bou 'n verhouding met elke kind.
* Liefde vorm die grondslag vir die pa-kind-verhouding.
* Kinders se selfvertroue of gebrek daaraan, kan aan die voete van hul pa's gelê word.
* Maak jou kind(ers) 'n prioriteit in jou lewe.
* Dissiplineer jou kinders - tugtig met een hand en troos met albei hande.
* Loop die pad as 'n pa met geloof, sodat jou kinders met kinderlike vertroue in jou voetspore kan volg.

Sunday, 17 June 2018
Saturday, 16 June 2018
Jeugdag in die Noord-Kaap - 2018
Jeugdag is die dag waarop ons die jeug se toekoms vier, maar
wat beteken jeugdag vir ons hier in die Noord-Kaap?
Dit help nie ons bly verwys terug na 1976 nie. Dit is baie
belangrik. Maar belangriker is ons toekoms. 1 uit elke 4 jongmense het nie werk
nie. Dit is aan hierdie syfer waaraan aandag gegee moet word en wat moet
verander.
Ons as jeug moet definitiewe besluite neem. Dit is nie "cool"
om dwelms te gebruik nie - ons maak net die dwelmbase ryk. Nog minder is dit "cool"
om bendeleiers te volg. Ons kan mos vir onsself dink. Ons moet vandag opstaan
en 'n besluit oor ons toekoms neem.
Die Noord-Kaap is nie 'n maklike provinsie nie, maar dis 'n
provinsie wat die sout-van-die-aarde-mense oplewer. Mense met murg in hulle
pype, want hulle het geleer om planne te maak, unieke oplossings vir probleme
te bedink en met 'n vars oog na moeilikhede te kyk. Leiers op elke
lewensterrein.
Ons gaan van vandag af, dit wat reg is, bo dit wat verkeerd
is, kies. Ons besef daar is nie kitsoplossings vir al ons probleme en dikwels
slegte omstandighede nie, maar ons gaan mekaar ondersteun.
Ons eerste tree na 'n beter toekoms, lê in onderwys. Daar is
só baie voorbeelde van mense wat slegte kinderjare gehad het, maar hulle het
dit nie gebruik as 'n verskoning om nie sukses in die lewe te bereik nie. (Ons
gaan van tyd tot tyd hulle stories plaas.)
Daarom gaan ons Jeugdag 2018 gebruik om ons drome vlerke te
gee en die inspirasiestories vir ander jongmense te word.
Tuesday, 12 June 2018
Monday, 11 June 2018
Sunday, 10 June 2018
Saturday, 9 June 2018
Maak jou eie Vadersdagkaartjies ...
Volgende Sondag is Vadersdag. En dis só belangrik om dankie te sê vir ons ouers vir alles wat hulle in hierdie moeilike ekonomiese tye vir ons as kinders doen. Hierdie is 'n bekostigbare en maklike Vadersdagkaartjie. Jy kan jou eie stempel op dit afdruk en baie mooi versier. Spring sommer dadelik aan die werk - dit is gelukkig mos naweek!
Neem 'n foto van jou poging en stuur dit in vir Koester Karos!
Neem 'n foto van jou poging en stuur dit in vir Koester Karos!
Thursday, 7 June 2018
Wednesday, 6 June 2018
Brandvlei se Besige Bytjies ...
![]() |
| "Oog op die Kind"-vrywilligers besoek Besige Bytjies |
Tuesday, 5 June 2018
Sunday, 3 June 2018
Saturday, 2 June 2018
Kindermishandeling
Kom ons begin by die algemeenste een wat meeste van ons ken, kindermishandeling.
Kindermishandeling word in vier kategorieë verdeel:
Fisiese mishandeling is wanneer ‘n kind deur ‘n volwassene fisies beseer word (wonde, bloukolle, frakture), wat die kind slaan (met hand, stok, belt of ander objek), skop, byt, skud, teen iets vasgooi of stamp, steek (mes of enige skerp voorwerp) of brand (sigaret, plaat, strykyster).
Emosionele mishandeling is ‘n gedragspatroon wat ‘n kind se emosionele ontwikkeling en selfwaarde negatief beïnvloed. Gedrag soos konstante kritiek, dreigemente, verwerping, manipulering en weerhouding van liefde en ondersteuning, is voorbeelde hiervan.
Seksuele mishandeling is wanneer ‘n kind gedwing, gemanipuleer of vergoed word om aan ‘n volwassene seksuele genot te verskaf. Dit sluit afloer, betasting, molestering, seksuele omgang/verkragting of blootstelling aan pornografie in.
Opsetlike verwaarlosing is wanneer daar nie aan die kind se basiese behoeftes voldoen word nie. Dit kan fisies (onvoldoende kos, klere, skuiling of toesig), medies (ontvang nie mediese behandeling), opvoedkundig (kind woon nie skool by), of emosioneel (onvoldoende aandag aan die kind se emosionele behoeftes en laat hom/haar toe om alkohol of substanse te gebruik) van aard wees.

Subscribe to:
Posts (Atom)