Monday 18 June 2018

Die belangrike rol van 'n pa ...

Met Vadersdag nog vars in ons geheue, gaan ons hierdie week kyk na die baie belangrike rol wat pa's in hulle kinders se lewens speel.

Om 'n pa te wees, is 'n wonderlike voorreg, maar ook 'n groot verantwoordelikheid. 'n Pa moet bereid wees om opofferinge te maak - dis die enigste manier hoe jy kan wys dat jou kind vir jou belangrik is.

Baie boeke is oor hierdie onderwerp geskryf, maar ons volstaan met net 'n paar gedagtes:

*   Die kernrol van 'n pa is om veiligheid en sekuriteit te bied in hierdie onseker wêreld waarin ons lewe ...
*   'n Pa is die gesin se geestelike begeleier, lewensafrigter en bemoediger.
*   As getroue wetstoepasser, lê hy die grondslag vir gehoorsaamheid.
*   Bou 'n verhouding met elke kind.
*   Liefde vorm die grondslag vir die pa-kind-verhouding.
*   Kinders se selfvertroue of gebrek daaraan, kan aan die voete van hul pa's gelê word.
*   Maak jou kind(ers) 'n prioriteit in jou lewe.
*   Dissiplineer jou kinders - tugtig met een hand en troos met albei hande.
*   Loop die pad as 'n pa met geloof, sodat jou kinders met kinderlike vertroue in jou voetspore kan volg.

No comments:

Post a Comment