Wednesday, 18 November 2026

Rosetta se Woensdag-wense

Vandag deel ek met julle een van my laerskoolgedigte wat tot vandag toe nog met my praat. Totius het ons as mens se ontevredenheid so goed raakgevat. Ons is nooit heeltemal tevrede met die omstandighede waarin ons ons bevind nie en vergelyk ons graag met ander. Lekker lees!

Repos ailleurs (Die rus is elders):

In die eensame veld staan ’n tentjie klein,
en daarnaas in die skeemring skuif die ligtende trein;
ek sien in die tentjie, deur die oop gordyn,
’n tafel met bordjies en glasies fyn,
wat sag in die lig van die kersie skyn,
en ek dag: "Was ek net in die tentjie klein,
ek sou tog so gelukkig syn."

Naas die eensame tent staan ’n meisie klein,
in stomme bewond’ring van die ligtende trein;
sy sien my geniet my glansende wyn
en kost’like maal by elektriese skyn;
en ek raai die gedagte van die meisie klein:
"Ag, was ek maar net in die vrolike trein,
ek sou tog o so gelukkig syn".

Gaan kuier gerus HIER vir nog mooi gedigte!

No comments:

Post a Comment