Saturday, 25 April 2026

Ruben-humor: Ouma se raaisels

My liewe Maats, hierdie raaisels is so oud soos my ouma Annie van Petrusburg. Ek het net een van die raaisels reggehad, toe ouma my gevra het. Kan julle dalk raai watter een het ek reggehad?**

* Raaisel 1
As hy staan dan gaan hy en
As hy gaan dan staan hy.

Antwoord: Kwikstertjie se stertjie

* Raaisel 2
Hier kiep-kiep,
Daar kiep-kiep,
Woerts in die hoekie!

Antwoord: Dit is ‘n besem.

* Raaisel 3
So groen soos gras,
So wit soos was,
So rooi soos bloed,
So suikersoet.

Antwoord: ‘n Waatlemoen natuurlik.

* Raaisel 4
Wat van hierdie een:
Wit van agter, prentjie van voor.
Lek van agter, druk van voor.

Antwoord: 'n Posseël wat jy op 'n brief plak. (Weet julle darem nog wat 'n brief is?)

** Die enigste een wat ek reggehad het, was nr. 3. Miskien is dit omdat ek so lief is vir eet!!

No comments:

Post a Comment