Hy, die boom in die middel van die tuin,
'n verbode vrug beslis.
Goed, kennis swaai aan sy takke,
maar die kwaad kom dieper tot rus.
Job se geduld dié het hy baie,
maar ook Jona se hardkoppigheid geërf.
Soos salomo spreek hy woorde van wysheid,
maar die roet het aan sy tent begin kerf.
'n Simson is hy wanneer Filistyne toesak,
maar tog ook sy swakheid voor Delila betuig.
Wanneer die rooi see van depressie hom laat versuip
is dit Faroa wat in sy pompkamers juig.
In sy moedersbuik het die waters geswyg
oor den één gebrek aan den vlees:
'n blinde van ouds dié is hy nou.
* Rochelle Louw
* Drie gedigte van Rochelle Louw, 'n graad 12-skolier van die Pionierskool, is ingestuur vir die Afrikaanse woordfees 2001 poësie-kompetisie vir hoërskoolleerders.
Sy het die derde prys verower in hierdie kategorie. Sy het haar gedigte saam met ander skrywers en digters, voor 'n groot gehoor voorgelees in braille. Behalwe vir haar natuurlike poëtiese talent, is dit voorwaar merkwaardig dat sy binne 'n kort tydperk braille kon bemeester.
Haar optrede was met selfvertroue en oortuiging. Pionierskool is baie trots op haar! Rochelle het erkenning van alkante gekry (ondert andere ook belangstelling van 'n joernalis van die tydskrif "Insig").
[Bron: InFokus, Nuus van die Instituut vir Blindes, Augustus 2001]
No comments:
Post a Comment