Hierdie outydse speserykoekies is Petrusburg se nasionale koekie. By elke sportbyeenkoms en kerkbasaar is dit die koekies wat die eerste uitverkoop. En dan word daar bestellings geneem vir die vale - amper soos 'n post-basaarverkope.
Ek het vir ouma Annie belowe dat ek 'n resep sal plaas wat al vir generasies in ons bakgeskiedenis is. Ouma is nie so lief vir die vinnige gekrummelde koekieresepte nie. Dit grens vir haar aan afskeep. Sy verstaan ook dat die jong kinders van kitsresepte hou. Sy praat mos van ons as die kits-kinders of die gou-gou-generasie. Alles moet mos vinnig en gou gebeur en volgens haar verdwyn kwaliteit in die drein. (Ouma hou nogal daarvan as haar woorde rym.)
Ouma Annie, ek is 'n hond van my woord en ek het hierdie eeue-oue gunsteling betyds vir die wintervakansie- koekblikke geplaas.
Bestanddele:
425 g koekmeel
3 ml sout
3 ml koeksoda
3 ml fyn naeltjies
5 ml fyn kaneel
200 g karamelbruinsuiker
125 g botter
1 eier (geklits)
90 ml sjerrie of port
5 ml lemoenskil
5 ml fyn kaneel
200 g karamelbruinsuiker
125 g botter
1 eier (geklits)
90 ml sjerrie of port
5 ml lemoenskil
gerasperde amandelsplinters vir versiering
Metode:
* Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam.
* Vryf botter in.
* Voeg eier, sjerrie en skil by.
* Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan.
* Rol deeg uit tot 3 mm-dikte.
* Druk ronde koekies uit,
* Rol deeg uit tot 3 mm-dikte.
* Druk ronde koekies uit,
* Druk ‘n stukkie amandel in die middel van elke koekie vas.
* Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
* Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200ºC.
* Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
* Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200ºC.
Geniet dit en gaan groot!!!
Ek gaan hierdie koekies beslis probeer. Dankie Tommie. Jys n regte ou staatmaker. Daar wag n blink toekoms op jou. Jy het al klaar in baie van ons se harte n plekkie. Jy weet mos ons kan baie mense, maats en diere met ons hele hart liefhè. Elkeen het sy eie besonderse en spesiale plekkie in menscen natuurlik dier se hart. Lekker slaap en bly warm. Xx
ReplyDeleteDankie, Anoniem, vir jou terugvoer. Ouma Annie is só opgewonde dat die lesers haar koekies bak. Stuur gerus 'n foto vir haar. Ek probeer hard om in ouboet Ruben se voetspore te volg. Dis maar moeilik, maar ek is 'n aanhouer. Vertel gerus vir jou maats van ons hier in die mooie Noord-Kaap. Geniet die res van jou week en gaan groot. Tommie!
ReplyDelete