Liewe Lesers en Maats,
Ek moet net keer of my stert waai 'n volle omwenteling om my aarde - 'n volle 360 grade!! Ek plaas net 'n paar van my terugvoerboodskappe - die ander het ek op die kennisgewingbord geplak waar ons elke dag 'n inspirerende gedagte vassit om 'n bietjie kleur aan ons dag te gee.
Dankie, Yvonne, vir hierdie baie mooi foto's. Ek het nie eens geweet jy het foto's van my nie. Ek het dit dadelik vir my ma aangestuur. Sy het 'n hele muur waar sy al ons familiefoto's hang. Jy kan net dink hoeveel foto's teen daardie muur hang!! Ek en Tommie is in die gelukkige posisie dat ons baie mense ontmoet, deel is van verskeie projekte en geliefd is in ons omgewing. As die vrouens so kom tee drink by my ma en ouma Annie, dan wys sy met moederlike trots ons foto's en las sommer sulke lang stertjies by elke storie. Jy kan net dink, liewe Yvonne, dat ons omtrent soos helde in die oë van die Petrusburgers is.
No comments:
Post a Comment