Daar was heelwat reaksie op Maandag se artikel. Party lesers het nog vakansievoorstelle gemaak en ander het foto's gestuur.
Ons plaas graag die foto's wat ons van Kinderland Crèche gekry het. 'n Entoesiastiese groep onderwysers wat geen moeite ontsien om die kinders gedurende die vakansie sinvol besig te hou nie, is aan stuur van sake: juffrou Mia, juffrou Leaha, juffrou Danelle, juffrou Nel-mari en juffrou Meghan.
Hierdie week het in 'n oogwink verbygegaan met al die aktiwiteite wat ons inwoners besig gehou het. Volgende week moet hulle gedress en gepress wees vir skool en dan is hulle nie meer die juffrouens nie!
Ouers, baie welkom by Kinderland Crèche se ouergemeenskap en baie welkom aan elke kind as 'n kleuter van ons skool.
Ons weet dat u kind baie gelukkig hier sal wees en ons sal alles in ons vermoë doen om elke skooldag vir hulle aangenaam en genotvol te maak.
Etes is ingesluit by ons uiters billike tariewe!
No comments:
Post a Comment