Dankie, oupa Willie, vir my kinderfoto's. Nou kan ek van my foto's gebruik as ek ouma Annie se resepte met die lesers deel. Na verlede maand se fopfoto, is daar party van die ouer lesers wat gedink het dat ek nie rêrig is nie.
Hierdie CC-verrassing is nie my eerste keuse nie ... daarvoor is daar heeltemal te veel lekker koekies, maar hierdie koekies flop nooit nie!!
As ons skielik kuiermense kry of my maats kom by ons speel, het ek vinnig hierdie koekies aanmekaar geslaan, verder het jy net drie bestanddele nodig en 'n mens kan maklik die Cream Crackers met Marie-beskuitjies of Tennis-beskuitjies vervang. Ek het al selfs die balletjies in droë versiersuiker of duisend lekkertjies gerol, as ouma se klapper op is. Daar is net een probleem - dis só soet, dat jy baie minder eet as wat jy graag sou wou.
Bestanddele:
1 pak Cream Crackers1 blik gekookte kondensmelk (Caramel kan ook gebruik word.)
Klapper
Metode:
* Rol Cream Crackers fyn
* Meng beskuitjies met kondensmelk.
* Vorm balletjies en rol in klapper.
* Sit in yskas om styf te word.
Wenk:
Meng fyngemaakte grondboontjie in mengsel in of selfs 'n bietjie vrugtekoekmengsel om die resep 'n bietjie op te gradeer.
Geniet dit en gaan groot!!!
No comments:
Post a Comment