Skryf al die postiewe en negatiewe eienskappe van die liefde vanuit die oogpunt van God se liefde neer.
LIEFDE IS: GOD SE LIEFDE VIR MY IS ...
Geduldig: Hy behou geduld met my wanneer ek dieselfde foute so herhaaldelik maak
Vriendelik: Hy glimlag áltyd as Hy my sien en is bly as ek by Hom gaan sit.
Verheug oor die waarheid: Hy hou daarvan as ek volkome eerlik is.
Dit bedek alles: Deur Jesus se bloed bedek Hy al my sondes en spreek my vry.
Dit glo alles: Hy glo áltyd net die beste van my.
Dit hoop alles: Hy bly hoop dat my oorgawe aan Hom elke dag sal toeneem.
Dit verdra alles: Hy word nie kwaad vir my gebrekkige vertroue in Hom wanneer ek in swakheid weer my eie kop volg nie.
Dit vergaan nooit: Hy is nimmereindigend, onveranderlik, ewig en konstant innig lief vir my.
LIEFDE IS NIE: GOD SE LIEFDE VIR MY IS NIE ...
Afgunstig nie: Hy is bly as ek my talente ten goede gebruik en trots daarop as ek presteer.
Grootpraterig nie: Hy spog nie oor alles wat Hy vir my gedoen en opgeoffer het nie.
Verwaand nie: Hy dink nie ek is benede Sy liefde en aandag nie.
Handel nie onwelvoeglik nie: Hy tree áltyd met respek teenoor my op.
Soek nie sy eie belang nie: Hy stel my áltyd voor Homself, Hy soek áltyd my beste belang.
Is nie liggeraak nie: Hy voel nie verwerp as ek te min aandag aan Hom gee en te min tyd saam met Hom bestee nie.
Hou nie boek van die kwaad nie: Hy gooi nie my sondes voor my kop nie, maar verwyder dit so ver soos die ooste van die weste af is van my.
Verbly hom nie oor die onreg nie: Hy word saam met my hartseer as slegte gebeure my hartseer maak.
[Linda Van Heerden]

No comments:
Post a Comment