Wednesday 7 August 2024

'n Groot dankie aan die Market for Charity (MFC)


'n Spesiale Christina Kiddie-dankie uit die hart, dat ons hierdie maand in die bevoorregte posisie was om by julle besondere mark te baat. Dankie, Mona Ditlow, organiseerder van MFC, vir al jou harde werk en vir die besondere uitkoms van die maandelikse mark. Mag jy baie seën op jou onvermoeide ywer kry.

Dit was vir ons 'n riem onder die hart, toe 8 van ons kinders by julle liefdadigheidsmark kon optree, as deel van Rozinda's Disco Dance-groep. 

Hieronder volg die datums van die liefdadigheidsmark by die McGregor Museum - ondersteun gerus hierdie verdienstelike projek en as jy graag daar wil uitstal of enige vrae het, whatsapp 079 981 1240.  Die organiseerder sal met graagte help.

Oorblywende datums:  
* 7 September
* 5 Oktober
* 2 November
* 7 Desember (Kersmark) 
Klik HIER vir meer inligting!

2 comments:

  1. Dit is so n groot voorreg dat ons darem kon bydrae om die nood n bietje kon verlig. MFC uitstallers se samewerking maak alles soveel makliker.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Julle is engele in 'n mensgedaante en uitreik julle passie. Ons waardeer julle!

      Delete