Wednesday 7 August 2024

Binnekringnuus: Dansvreugde by die liefdadigheidsmark

Klik HIER vir inligting - advertensie HIER geleen.

Die afgelope Saterdag het kleur, klank en danspassies die besoekers se gemoed gelig, die voete laat jeuk en die gesigte opgehelder. 

Hierdie kits-antistres-behandeling is net by die liefdadigheidsmark by die McGregor Museum te vind - en dit nogal op 'n maandelikse basis.  

Die dansers van Rozinda's Disco Dance het 11h30 'n energieke dansvertoning gelewer. Hou gerus hierdie entoesiastiese dansers met hulle aansteeklike passies in die toekoms dop.  

Die lekkerte vir ons hier by Christina Kiddie is dat 8 inwoners deel van hierdie vertoning was. Hierdie optredes sit 'n ander dimensie aan oefening, selfvertroue, kindwees en dansdissipine. Baie dankie Rozinda vir die ekstra myl wat jy loop - dit word raakgesien en baie waardeer. 

Baie sterkte met die res van die jaar se optredes - mag al julle dansdrome waar word. 

No comments:

Post a Comment