Eendag was daar 'n baie belangrike Griekse koning. Sy naam was Midas. Hy was baie baie ryk. Goud was die rede vir sy rykdom. Hy het net een dogter gehad, vir wie hy baie lief was.
Eendag het Midas op 'n engel afgekom wat hulp nodig gehad het. Hy het die engel gehelp en in ruil daarvoor het sy ingestem om 'n wens te vervul. Midas het gewens dat alles wat hy aanraak in goud sou verander. Midas was verblind deur matriële rykdom en die waarde van goud. Sy wens is vervul. Op pad huis toe het hy rotse en plante aangeraak en hulle het in goud verander. Hy was in ekstase. Toe hy by die huis kom, het hy opgewonde sy dogter omhels, wat dadelik in goud verander het.
Midas was verpletter. Sy enigste dogter waarvoor hy sy lewe sou gee, het in 'n koue stuk goud verander wat skielik vir hom waardeloos geword het en hy het sy les geleer. Goud is nie alles in die lewe nie. Daar is belangriker dinge as goud en geld. Hierdie ontstellende gebeurtenis het Midas so geskok dat hy die engel gevra het om sy wens weg te neem.
* Gierigheid is nie goed vir jou nie.
* Die belangrikste dinge in die lewe kan geld nie koop nie.
* Wees tevrede met dit wat jy het.
* 'n Tevrede mens is 'n gelukkige mens.
* 'n Gelukkige mens kan 'n vervullende lewe lei.
No comments:
Post a Comment