Sunday, 20 June 2021

Vadersdag

 Daar is baie dinge wat 'n goeie pa-storie verseker:- 

l        Tyd. Daar is niks wat meer geborgenheid verseker as tyd wat aan 'n kind afgestaan word nie.

l        Liefde tussen ouers. Elke kind wil graag in sy pa-storie skryf dat sy ma en pa vir mekaar lief is.

l        Balans tussen werk en huis. Almal moet werk, maar die meeste mense moet bietjie minder werk.

l        Betrokkenheid by die gesin maak dat die gesin mekaar ken. Het jy al gehoor dat iemand se:- Ek het nooit kon glo dat my kind DIT sou doen nie. Ek weet nie waartoe die bure se kind in staat is nie, want ek bly nie saam met hom nie. Maar ek bly saam met my eie kind in die huis.

l        Kinders wat deur die ouers geleer word, maak meer en meer soos die ouers. Goeie dinge wat ge-”teach” word, vryf af op die volgende geslag, en sorg vir nog 'n goeie pa-storie.

l        As God jou vader is, in alle opsigte, het jy ook 'n goeie Geestelike pa-storie, outomaties. 'n Man wat goed met God konnekteer, se kinders konnekteer baie beter met hom as persoon. Rolmodel.

l        'n Ouer wat sy kind leer, dag vir dag, waar jy op die pad is of waar jy by die huis is, se gesag word baie maklik aanvaar. (Deut 6:6-7: “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan”)

l        Party mense se kinders oorheers die huishouding so, dat die pa net werk aan 'n kind-storie, waar die kind sy pa se gesagsrol oorneem. So 'n kind sal ook nooit 'n goeie pa-storie hê nie. 

Waar begin ek met 'n goeie pa-storie, as myne sleg is? 

Dit begin met 'n besluit, wat bekendgemaak word soos in Josua. “Wat my en my gesin betref, ons sal die Here dien”. 

(www.heuning.co.za)

Sunday, 2 May 2021

Maak skerp jou byl ...

Ek hoor vanoggend hierdie oulike verhaaltjie van twee houtkappers. Een was ‘n bejaarde en die ander een nog ‘n jong knapie. Op ‘n dag het hulle besluit om ‘n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.

Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil!

Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus.

Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon verstaan het nie.

Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15 minute gerus het hy hul geantwoord “Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak”

So werk ons lewe ook. Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer “skerp” te maak vir elke dag se dagtake? Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?

Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer!

Friday, 2 April 2021

International Children's Book Day

What is International Children’s Book Day?
First celebrated in 1967, International Children’s Book Day is held on the 2nd of April every year in order to promote children’s reading and books.

The date of the event signifies the birthday of Hans Christian Andersen: the famous Danish author responsible for such well-known stories as ‘The Emperor’s New Clothes’, ‘The Little Mermaid’ and ‘The Ugly Duckling’.

The benefits of taking part in International Children’s Book Day are synonymous with the benefits of reading as a whole. Some of them include:

Brain exercise - reading engages and exercises the brain, helping it to better make neural connections.

Vocabulary improvement - the amount of terminology that a child uses and possesses can increase with regular reading.

Empathy and imagination - reading opens children up to new horizons, helping them think outside the box and engage with the outside world in ways they had not done previously.

Morale improvement - it should not be forgotten that reading is fun! Taking part in it will boost a child’s morale and uplift their mood.

Thursday, 4 March 2021

World Book Day

Marked in over 100 countries across the globe, World Book Day is a UNESCO initiative that aims to celebrate both books and reading, especially among younger members of our societies.

Reading materials such as books, journals, magazines, newspapers, etc. are the most inexpensive source of knowledge and entertainment. Reading is the cheapest way of acquiring knowledge and thus improving the lifestyles.

8 benefits of reading:
  1. Giving Satisfaction.
  2. Enhancing Concentration.
  3. Imparting Knowledge.
  4. Exercise of Brain.
  5. Reducing Stress.
  6. Enhancing Analytical Thinking.
  7. Improving Vocabulary.
  8. Improving Writing Skills.

Monday, 15 February 2021

Gebed van 'n onderwyser

“Here, ek is self ’n leerling aan U voete.
Ek wil vashou aan dit wat U my leer.
Dis nie blote kennis wat oud
en uitgedien raak nie.
Dis Woorde van wysheid
wat vir ewig hou!
Dankie daarvoor.
Amen.”

Sunday, 14 February 2021

Wednesday, 3 February 2021

World Read Aloud Day

"LitWorld founded World Read Aloud Day in 2010 in celebration of the power of reading aloud to create community, to amplify new stories, and to advocate for literacy as a foundational human right. 

Over the last eleven years, World Read Aloud Day has evolved into a global movement of millions of readers, writers, and listeners from communities all across the world coming together to honour the joy and power of reading and sharing stories, and continue expanding the definition and scope of global literacy.

Come and take part!

Friday, 22 January 2021

Leer my u liefdestaal

Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is (Johannes 13:34-35).

Here, ons word opgelei
om met ander te kompeteer,
trots te wees,
ons merk te maak in die lewe,
op ons regte te staan,
ons sin te kry.
Dis deel vanmensweeskultuur.

Tóg lyk die wêreld na 'n plek vol ongeskooldes.

Miskien moet ons 'n paar lesings
in U "skool-van-liefde" bywoon
sodat ons ook sukses behaal in die vakke:
Onvoorwaardelike liefde,
Doen-liefde en
Gee-liefde.

Skryf my asseblief in.

[Dankie, Marguerite Pienaar, wat hierdie gebed met ons deel.]

Sunday, 3 January 2021

'n Koester Karos-dankie vir elkeen se betrokkenheid

'n Baie groot dankie aan elke leser wat betrokke gelees en gereageer het. 

Dankie aan elkeen wat so gereeld gedurende 2020 berigte, idees, planne en foto's gestuur het om hierdie blog van KOESTER KAROS aan die gang te hou. 2020 was nie 'n maklike jaar nie en baie ouers se planne het opgeraak hoe om hulle kleuters en kleintjies besig te hou, maar deur te deel, het almal daarby gebaat.  . 

2021 begin in 'n sekere sin waar 2020 opgehou het, daarom vra ons dat elkeen wat betrokke was, sal voortgaan om nuus, idees, foto's en inspirerende boodskappe te stuur. Ons sien uit daarna. 

Koester 2021 en maak hierdie 'n jaar wat oorloop van hoop.

Saturday, 2 January 2021

Die koei en sy gewete

In Noord-Korea, het Chung Ju Yung (toe 17 jaar oud) een van sy pa se koeie verkoop, die geld gesteel en na Suid-Korea gevlug.

Hy het 'n besigheid begin, naamlik HYUNDAI, Suid-Korea se grootste konglomeraat, met meer as 50 maatskappye, wat alles van karre en rekenaarskyfies tot skepe en staal vervaardig het.

Chung het gesê dat hy in Suid-Korea "sy hele lewe geleef het met die opregtheid en ywer van 'n koei". Die koei wat hy van sy pa gesteel het, het egter altyd op sy gewete gelê. Alhoewel sy pa gesterf het, het hy steeds bly wonder hoe hy kan opmaak vir die stelery.

Noord-Korea het op daardie stadium 'n verskriklike hongersnood ervaar, maar 'n wrede Kommunistiese regering is in beheer. Die grens tussen Suid- en Noord-Korea is die strengste ter wêreld bewaak, met byna twee miljoen troepe aan beide kante.

Selfs die vorige predsident van die VSA, Jimmy Carter, moes Noord-Korea via Beijing binnegaan toe hy gereis het om die gewese president van Noord-Korea te ontmoet.

Chung Ju Yung, 82, die stigter van die reuse Hyundai-groep, was die eerste Suid-Koreaanse burger wat toegelaat is om die grens na Noord-Korea oor te steek, met geen regeringsamptenare wat hom vergesel het nie. Suid-Korea se rykste man is toegelaat om 500 beeste op vragmotors in Noord-Korea in te neem om die verhongerde mense te help.

"Ek keer nou terug om die skuld te vergoed wat ek my pa aangedoen het," het hy gesê. "Ek hoop hierdie besoek sal 'n hoeksteen van vrede en versoening tussen ons twee strydende Koreaanse nasies lê."

[Japansending: Januarie/Februarie 2012]

[Lees HIER oor hierdie merkwaardige man.]

Chung Ju Yung and the Rise of Hyundai

American business folklore is awash with the adventures of successful entrepreneurs. Still, most of these stories are about Americans, neglecting important and courageous entrepreneurs from other countries. 

Made in Korea recounts the story of how Chung Ju Yung rose from poverty to build one of the world's largest and most successful building empires - Hyundai - through a combination of creative thinking, tenacity, timing, political skills, and a business strategy that few competitors ever understood. 

Chung entered the shipbuilding business with no experience and went on to create the world's largest shipyard. He began making automobiles when foreign experts unanimously predicted he would fail, and he started a global construction company that has built some of today's greatest architectural wonders. He even convinced the International Olympic Committee to select South Korea over Japan as the site for the highly successful 1988 Olympics. 

Unlike most CEO's of major firms, Chung has always preferred the company of his workers to that of the global executive elite. Hard work, creativity and a capacity to never give up - this is the essence of Chung's life. In each of his ventures, he exhibited a sheer determination to succeed, regardless of the obstacles, and he worked tirelessly to instil this drive in all of his employees. Even today, in the midst of Korea's worst economic crisis in over four decades, Chung's company is busy implementing plans to emerge as an even stronger contender in the world economy. Illustrated with 32 pages of colour photographs not previously seen in the West, including photos of Chung's recent historic visit to North Korea in 1998, Made in Korea takes stock of Chung's entire life, highlighting both his contributions to society and the lessons his work can teach to aspiring entrepreneurs.

[Read more]

Friday, 1 January 2021

Psalm 23 vir 2021

 Psalm 23 uit Die Boodskap:

Die Here sorg vir my soos 'n herder wat sy skape oppas;  ek het niks meer nodig nie.

Hy gee vir my die heel beste van alles: kos, veiligheid en vrede.

Omdat die Here by my is, bekommer ek my nie.

Wanneer ek moedeloos word, laat Hy my die lewe weer anders sien.

Hy gee my die krag om elke dag reg te lewe. 

Soos 'n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens Sy wil te lewe.

Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is. 

Selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie, sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie, want U is altyd by my.

Dit troos my dat U my lei en beskerm. U laat my veilig voel. 

Soos 'n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor; hulle wat nie naby U lewe nie, kan maar net verleë toekyk.

U behandel my soos 'n spesiale gas;  ek geniet alles in oorvloed. 

U sal vir my goed wees en my liefhê so lank as wat ek lewe; ek sal naby U lewe tot ek die dag doodgaan.

Monday, 28 December 2020

When the song of the angels is stilled ...

“When the song of the angels is stilled, when the star in the sky is gone,
when the kings and princes are home, when the shepherds are back with their flocks, the work of Christmas begins: to find the lost,
to heal the broken,
to feed the hungry,
to release the prisoner,
to rebuild the nations,
to bring peace among the people, to make music in the heart.”

Howard Thurman

Friday, 25 December 2020

Spesiale seënwense vir Kersfees

Mag elkeen van julle die spesiale vreugde geniet
en die vrede vind wat alle gedagtes oortref.
Seënwense wat bestaan uit Jesus-genade ...
elke oomblik van die dag

Tuesday, 20 October 2020

Die mooi donkies van Niekerkshoop


In die Noord-Kaap besef die inwoners deeglik die waarde van 'n donkie.
In Upington is 'n lewensgrootte bronsbeeld van werkende donkie, geskep deur Hennie Potgieter.
Hierdie monument is opgerig ter ere van die reuse bydrae wat die gewillige donkie gelewer het in die ontwikkeling van die Benede-Oranjerivier Vallei tydens die harde pioniersjare.

Die Kalahari-Oranje Museum word gehuisves in die geboue wat in 1875 as kerk en sendingstasie gebou is deur Eerwaarde Schröder. In die museum word die geskiedenis van Upington en die Benede-Oranjerivier Vallei bewaar.


Lees gerus HIER van die onvertelde stories van die Noord-Kaap

HIER is iemand wat die Noord-Kaap en die donkies goed geken het.

Sunday, 4 October 2020

Net 'n ma ...

My vrou was besig om haar lisensie by die munisipale verkeerskantoor te hernu, toe die klerk vra watter tipe beroep sy beoefen.

Onseker hoe om die vraag te beantwoord, huiwer sy ... Wat ek bedoel,” sê die klerk, “Het u 'n werk of is u net 'n ...?”

Natuurlik het ek 'n werk,” sê my vrou blitsig. "Ek is 'n ma.”

Ons lys nie ma's as 'n beroep nie, maar huisvrou sal goed wees, stel die klerk met empatie voor.

Sy het totaal en al van die storie vergeet tot eendag, toe sy haar weer in dieselfde situasie bevind het, dié keer by die stadsraad.

Die klerk het na 'n professionele vrou gelyk, selfversekerd, bekwaam, en seker in besit van een of ander hoë en belangrike titel, iets soos "Interrogasie Beampte" of Stadsregistrateur’.

"Wat is u beroep?" het sy belangrik-ondersoekend gevra.

Wat my vrou dit laat sê het, weet ek nie, maar die woorde het net eenvoudig by haar mond uitgekom:

Ek is navorsings-assosiaat in die studieveld van Kinderontwikkeling en Arbeidsverhoudinge.”

Die klerk vries skielik, hou op met skryf en kyk op na my vrou asof sy haar nie reg gehoor het nie.

Sy herhaal toe die titel, stadig en met klem op die belangrikste woorde, en staar met verbasing hoe haar verklaring neergeskryf word in donker, swart ink op die beampte se vraelys.

Mag ek vra, sê die klerk met nuwe belangstelling, wat presies doen u in u veld?”

Rustig, sonder enige teken van verbouereerdheid in haar stem, het sy haarself die vraag hoor antwoord: "Ek het ‘n voortdurende program van navorsing, (watter ma het nie?) in die laboratorium en in die veld." (normaalweg sou sy sê binnenshuis en buitenshuis).

"Ek is besig met my Meesters, (eerste die Here en dan die hele familie) en ek het alreeds vier toekennings (almal dogters). Hierdie werk is natuurlik een van die mees veeleisende beroepe in die geesteswetenskappe." (enige ma wat wil stry?)

"Ek werk gereeld 14 ure per dag, (24 is meestal die geval). Maar die werk is 'n groter uitdaging as die meeste alledaagse beroepe en die vergoeding is eerder die satisfaksie wat ek daaruit kry, as die geld.”

Daar was 'n duidelike toon van respek in die klerk se stem nadat sy die vraelys verder voltooi het, opgestaan, en my vrou met die hoogste agting persoonlik tot by die deur vergesel het.

Toe my vrou by die huis kom, opgeruimd met haar nuwe skitterende beroep, word sy gegroet deur haar laboratorium-assistente: 13, 7 en 3 jaar oud.

In die slaapkamer kon sy ons nuwe eksperimentele model (6 maande oud) in die kinderontwikkelingsprogram hoor, wat besig is om 'n nuwe vokale patroon uit te toets.

Sedertdien het sy 'n konstante behaaglike glimlag op haar gesig, gevoed deur haar oorwinning oor die burokrasie. En sy is nou op die amptelike munisipale rekords vasgelê as iemand wat meer uitmuntend en onmisbaar aan die mensdom is as net nog 'n Ma’.

Moederskap! Wat 'n wonderlike beroep! En om te dink ek het my vrou gehelp om daardie titel te verwerf. Ek is sommer lus en skryf dit op 'n goue bord op ons slaapkamerdeur!

Maar nou wonder ek: Sal oumas dan dalk senior navorsings-assosiate in die studieveld van Kinderontwikkeling en Arbeidsverhoudinge wees?

En oumas wat inbly? Uitvoerende senior navorsings-assosiate?

Wat van tannies wat gereeld kom kuier? Assosiaat-navorsings-assistente?

[Onbekend]