Friday 22 January 2021

Leer my u liefdestaal

Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is (Johannes 13:34-35).

Here, ons word opgelei
om met ander te kompeteer,
trots te wees,
ons merk te maak in die lewe,
op ons regte te staan,
ons sin te kry.
Dis deel vanmensweeskultuur.

Tóg lyk die wêreld na 'n plek vol ongeskooldes.

Miskien moet ons 'n paar lesings
in U "skool-van-liefde" bywoon
sodat ons ook sukses behaal in die vakke:
Onvoorwaardelike liefde,
Doen-liefde en
Gee-liefde.

Skryf my asseblief in.

[Dankie, Marguerite Pienaar, wat hierdie gebed met ons deel.]

No comments:

Post a Comment