Tuesday 20 October 2020

Die mooi donkies van Niekerkshoop


In die Noord-Kaap besef die inwoners deeglik die waarde van 'n donkie.
In Upington is 'n lewensgrootte bronsbeeld van werkende donkie, geskep deur Hennie Potgieter.
Hierdie monument is opgerig ter ere van die reuse bydrae wat die gewillige donkie gelewer het in die ontwikkeling van die Benede-Oranjerivier Vallei tydens die harde pioniersjare.

Die Kalahari-Oranje Museum word gehuisves in die geboue wat in 1875 as kerk en sendingstasie gebou is deur Eerwaarde Schröder. In die museum word die geskiedenis van Upington en die Benede-Oranjerivier Vallei bewaar.


Lees gerus HIER van die onvertelde stories van die Noord-Kaap

HIER is iemand wat die Noord-Kaap en die donkies goed geken het.

No comments:

Post a Comment