Saturday, 2 August 2025

Dankie vir die verskil wat Helpende Hand maak

HelpJag, 'n inisiatief van Helpende Hand, maak daagliks 'n verskil aan mense en kinders se lewens. Christina Kiddie Jeugsentrum was vandag aan die ontvangkant van hierdie wonderlike inisiatief. Woorde skiet te kort as so 'n pakkie stil-stil sy weg tot by die voordeur van die jeugsentrum vind.

Dankie vir die ongelooflike geskenk van 200 kg wildsvleis en 30 sakke aartappels. Hierdie is 'n heerlike bederf. Dankie dat julle in ons kinders glo en vir elke instansie waarby julle betrokke is, toekomshoop gee.

No comments:

Post a Comment