'n Wens vir hierdie Vrouedag en -maand van Koester Karos is eenvoudig: Vroue moet mekaar meer ondersteun en bemagtig. Hulle moet fyn ingestel wees op mekaar en daar wees vir mekaar. Vroue moet hande vat en saamwerk aan 'n omgewing waar hulle veilig kan voel.
Die media wemel van geweld teenoor vroue en kinders. Sorg dat jy nie deel van die statistiek word nie. Vandag se vroue moet opstaan, saamstaan en die siklus van geweld breek.
Vroue is uniek, sterk en veerkragtig. Hulle ongeëwenaarde gees laat hulle sterker uit moeilike situasies kom. Mag 2025 se Vrouedag die begin wees van 'n gewaardeerde lewensreis.
Gelukkige Vrouedag!
No comments:
Post a Comment