'n Man is gevra om ‘n boot te verf. Hy het sy verf, kwaste en ander gereedskap gebring en die boot helder geel begin verf, soos die eienaar hom gevra het. Terwyl hy verf, merk hy ‘n gaatjie in die romp op en hy herstel dit toe. Toe hy klaar geverf het, ontvang hy sy geld en hy vertrek.
Hy en die eienaar van die bootjie ewe gelukkig.
‘n Paar dae later kom die eienaar van die boot na die werker toe en gee hom ‘n tjek vir baie meer as die betaling vir die oorspronklike verfwerk. Die werker was verbaas en het gesê: “U het my al betaal vir die verf van die boot!”
"Maar dit is nie vir die verfwerk nie. Dit is om die gat in die boot te herstel."
"Ag! Maar dit was so ‘n klein diens … dit is beslis nie die moeite werd om my so ‘n groot bedrag te betaal vir iets so onbeduidends nie."
“My liewe vriend,” sê die eienaar,”jy verstaan nie. Laat ek jou vertel wat gebeur het.”
"Toe ek jou vra om die boot te verf, het ek vergeet om die gat te noem. Toe die boot droog geword het, het my kinders die boot geneem en gaan visvang. Hulle het nie geweet dat daar ‘n gat in die boot was nie. Ek was toe nog nie tuis nie. Toe ek terugkom en sien dat hulle die boot geneem het, was ek desperaat omdat ek onthou het dat die boot ‘n gat gehad het."
Die man vee met sy hand oor sy oë.
“Stel my my verligting en vreugde voor toe ek sien hoe hulle opgewonde van die visvang terugkeer. Toe ondersoek ek die boot en vind dat jy die gat reggemaak het! Sien jy nou wat jy gedoen het? Jy het my kinders se lewe gered! Ek het nie genoeg geld om jou ‘klein’ goeie daad te betaal nie.”
Wat het ek uit hierdie storie geleer?
Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Loop altyd die ekstra myl.
* Moenie altyd net die minimum doen nie.
* Maak 'n verskil ... wees die beste wat jy kan wees
[Outeur onbekend]
No comments:
Post a Comment