"Ek het jou gewaarsku, maar jy wou nie luister nie."
Hy is verheug as hy sy kinders die waarheid hoor praat.
Daarom wil hy sy kinders se skandes met liefde bedek.
In hulle glo,
die beste vir hulle hoop,
en hulle kleredrag, klaery en kritiek verdra.
'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek
van 'n ouer bly lank in 'n kinderhart ...
Maar die preek of toespraak wat hy liewer in die tyd wou skryf -
sal oormôre weer vergete wees.
Toe ek 'n jong man was,
was ek gesteld op my voorkoms,
my motor
en my geleerdheid ...
Maar noudat ek pa geword het,
wil ek graag my kinders met liefde,
balans en geloof grootmaak.
Nou kyk ek nog vas teen rebelse klein gesiggies,
maar eendag as hulle groot is,
sal hulle verstaan wat ons hulle wou leer,
en wat God ons almal leer.
En nou: Geduld, aanmoediging en liefde bly.
Maar die waardevolste hiervan is
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE!!!
[Dankie, Anoniem, vir die deel hiervan.]
Pragtig en treffend. Vir elke pappa om te onthou
ReplyDeleteJy is só reg. Die wêreld kort meer 1 Kor. 13-pappas!
ReplyDelete