Vandag se resep is my jonger sussie se gunsteling. Sy doop graag die een heflte van die koekie in gesmelte sjokolade. Is dit nou hemels?!
Soentjiekoekies van ouma Annie
Bestanddele:
500 g sagte margarien of botter (Ouma Annie gebruik
500 g suiker
4 eiers
500 g koekmeel
500 g mielieblom
10 ml bakpoeier
5 ml sout
Metode:
500 g suiker
4 eiers
500 g koekmeel
500 g mielieblom
10 ml bakpoeier
5 ml sout
Metode:
* Klits die botter, suiker en eiers tot lig en romerig.
* Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel.
* Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel.
* Meng baie goed.
* Rol klein bolletjies, pak op bakplaat en druk met ‘n vurk plat.
* Bak goudbruin op 190°C vir ongeveer 8-10 min.
* Rol klein bolletjies, pak op bakplaat en druk met ‘n vurk plat.
* Bak goudbruin op 190°C vir ongeveer 8-10 min.
Wenk:
Sit koekies twee-twee opmekaar met versiersuiker indien jy van ekstra soet hou.* Ek gebruik vir hierdie resep 'n fopfoto totdat oupa Willie vir my my foto's kan aanstuur. Dit wil voorkom asof die Vrystaters meer met krag sukkel as die res van die land. Hou gerus hierdie spasie dop en bak intussen 'n storm los.
Geniet dit en gaan groot!!!
Aijaijai dit lyk mos alte heerlik. My mond water nou skoon. Gaan dit ook probeer. Hmmmmm. Lekker slaap
ReplyDeleteDankie, Anoniem. Dis heerlik om terugvoer te kry. Ek wys dit altyd vir ouma Annie. Lekker koekies bak en stuur asseblief 'n foto van julle eindresultaat. Viva ouma Annie se koekieresepte!
ReplyDelete