Sunday 6 October 2024

My gedagtes: Waardeer dit wat jou kinders doen

William James sê op ‘n stadium dat : “The deepest principle in human nature is the craving to be appreciated.”

Hierdie is so ‘n basiese beginsel, maar hoe dikwels en maklik vergeet ons dit. Dit is baie moeilik en selfs onmoontlik om ‘n slegte verhouding te hê met iemand wat jou gereeld en opreg komplimenteer. Dit is ook een van die mees basiese behoeftes van ons kinders (al tree hulle so onafhanklik op.)

As hulle nie respek en waardering kry by ons as ouers nie, sal hulle dit op ander plekke soek, plekke wat gewoonlik nie baie gesond is nie. (Lees die koerante en luister nuus - dis só hartseer en tragies.) Dit is ongelukkig so dat “People are born to be a success, but conditioned to be a failure.” 

As kinders te veel hoor dat hulle stout en dom en ongehoorsaam is, begin hulle dit glo. En dan tree hulle ook so op om aan die uitsprake te "voldoen." ‘n Ouer is die grootse bron van kondisionering in kinders se lewens. Kom ons gebruik hierdie posisie met groot sorg en verantwoordelikheid. Waardering bou selfvertroue.

Koester eerder elke fase en die alledaagse vreugdes. En sê elke dag dankie vir jou hartsmense, hulle het dit nodig om te hoor.

No comments:

Post a Comment