Die NG Kerk Barkly-Wes se lidmate is ysters as dit kom by pannekoek bak, ontbytbroodjies en hamburgers maak. Dis 'n belewenis om die mense in aksie te sien. Hou Barkley-Wes se sosiale kalender dop en kom vergewis jouself van hierdie wenspanne by Kelrn MTB Classic, Wildeklawer en kerkbasare!
'n Ongelooflike fees met 'n heerlike atmosfeer en gees. Vir baie voete was dit hulle 11de keer dat hulle die fees bywoon, maar vir ander was dit 'n eerste keer. Ongeag een of elf - almal voel dieselfde - ons kan nie wag vir 2025.
Wat 'n onvergeetlike naweek vir elkeen wat daar was. Trek solank 'n kring om volgende jaar se kalender.
Foto's: Christelle Hattingh
No comments:
Post a Comment