Tuesday 8 August 2023

Vrouemaand: Elke vrou is uniek

Vroue moet nooit moed opgee nie. My ma se stem weerklink steeds in my ore hoor. Haar woorde is: "Jy kan!''

Vrouens is die steunpilaar van die gesin, famillie en ook die gemeenskap. Dikwels offer 'n vrou haar drome op vir haar gesin en in baie gevalle vir haar kinders omdat sy 'n enkelma is. Help jou kinders om hulle drome te vorm, help hulle daaraan bou en dit uitleef, maar moet nooit ophou om jou droom te koester nie. Eendag kan jy jou lewensdroom najaag.

Dit wat in jou hart is en dit wat jy in jou kop het, is wat jou vorentoe sal dryf om jou sukses te bereik.

No comments:

Post a Comment