Sunday 20 August 2023

DIE potlood en die uitveër

POTLOOD: "Ek is jammer."
 
UIVEËR: "Waaroor? Jy't mos nie iets verkeerd gedoen nie?"

POTLOOD: "Ek is so jammer dat jy as gevolg van my seerkry! As ek 'n fout maak, is jy altyd daar om dit reg te maak! Maar nadat jy my foute laat verdwyn, verloor jy 'n deel van jouself. Jy word al hoe kleiner!"

UITVEËR" Dis waar, maar ek gee nie regtig om nie. Dis waarvoor ek gemaak is ... om jou te help wanneer jy ookal iets verkeerd doen! En selfs al sal ek eendag heeltemal opgebruik wees, is ek eindelik baie gelukkig in my werk!"

Hierdie gesprek tussen die potlood en die uitveër is op ouers en kinders van toepassing - eintlik op ons almal, afhangende van die situasie. Ouers is die uitveërs en kinders die potlode. Ouers is altyd daar vir hulle kinders! Hulle hanteer die foute en soms kry hulself, as gevolg daarvan, seer. In die proses word hulle kleiner (dis nou die ouer) en uiteindelik is hulle nie meer daar nie!

Kinders vind mettertyd iemand in hulle ouers se plek ('n lewensmaat), maar ouers is nog steeds daar vir hulle en sal altyd alles in hulle vermoë doen om die kinders se kommer of hartseer minder te maak of te laat verdwyn en ek, as potlood, kry baie seer om my ouers wat my uitveër is, onder my oë te sien wegkrimp! 

Ek besef baie goed dat ek eendag net met die uitveërkrummels en die herinnerings sal sit! Elke ouer wil net die beste vir hulle kinders hê. Hulle maak hulle van kleintyd groot met liefde en sorg, Maar as 'n ouer nie hulle kinders van God en sy beloftes leer nie, is alles verniet! Dan word die kinders net 'n leë dop en 'n maklike prooi vir die duiwel! 

Ons, as ouers, het 'n geskenk van God ontvang, wat vir ons geleen word om reg opgevoed te word! En waar kry die kinders die regte leiding? IN DIE BYBEL, by die huis met huisgodsdiens en by die voorbeeld wat die ouers stel! 

Baie kinders weet nie eens wat huisgodsdiens is nie! Maak in die aand, na ete, 'n tydjie om rustig te raak en alles af te skakel en bring weer huisgodsdiens terug in die huise in - dan sal dit beter gaan met jou en jou kinders! 

Die lewe is so deurmekaar, omdat ons God buite in die straat los! MAAK JOU HUIS OOP VIR GOD EN LEER JOU KIND VAN JESUS!

[Anoniem]

Klik HIER om die verhaal van die potlood te lees, Sedert 2018 is hierdie verhaal onder die top 5 mees gelese verhale op hierdie blog. Lekker lees!

No comments:

Post a Comment