Thursday 24 August 2023

15 van die waardevolste lesse om jou kinders te leer ...

(Deel met elke ouer en elke tiener ...)

1. Dit is okay om nie die beste in alles te wees nie. ‘n Gelukkige tweede plek is soveel meer werd as ‘n gedrukte eerste plek.

2. Jy hoef nie al in graad een te weet wat jy na skool wil doen nie. Jou belangstellings en dit wat jou opgewonde maak, gaan verander soos jy jouself leer ken...

3. “Vriende” is dikwels net tydelike kennisse ... Ware vriende is daardie mense wat altyd daar sal wees al sien jy hulle nie elke dag nie.

4. Almal kan nie wiskunde doen nie. Net soos almal nie kan sing nie. Vind dít waarin jy goed is EN dit wat jou gelukkig maak. Geluk is belangriker as prestasie. 'n Gelukkige kind word 'n gelukkige volwassene.

5. Die enigste ding wat vanself gebeur is jou hart wat klop. Alle ander dinge is in jou beheer ...

6. ‘n Enkele woord (hetsy gesê of selfs in ‘n WA/FB/SMS) kan jou hele lewe verander: goed óf sleg. Onthou dit altyd. Jy is verantwoordelik vir die woorde wat uit jou mond kom.

7. Hoe jy nóú lyk is nie hoe jy altyd gaan lyk nie.

8. Solank jy dit ‘n droom noem, sal dit ‘n droom bly.

9. Wie jy op hierdie oomblik is, is belangriker as wie jy was en wie jy wil wees.

10. Jy het altyd keuses. Die maklike deel is om ‘n besluit te maak. Die moeilike deel is om met die uitkoms van daardie besluit saam te leef.

11. Lees die padtekens. Die maklikste pad is nie noodwendig die veiligste of die pad met die mooiste uitsig nie ...

12. Rykdom is nie die definisie van geluk nie.

13. Daar gaan altyd iemand wees wat nie van jou hou nie. Gelukkig is daardie persoon nie die enigste mens op aarde nie.

14. Almal maak foute, maar nie almal wil leer uit hulle foute nie. Wees ‘n ewige student van die lewe.

15. Respek kan nooit gekoop word nie.

Dr Owen

No comments:

Post a Comment