Wednesday 23 August 2023

Swem in God se genade

Die klein vissie swem, duidelik gestres, op en af in die middel van die oseaan.
Hy swem by 'n groot vis verby, en dié ou kan sommer dadelik sien daar's fout.
Hy roep die klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstig opsoek is.
Die vissie sê toe dat hy dringend op soek is na water, want hy't iemand hoor sê dat 'n vis doodgaan sonder water.
Die groot vis, duidelik al 'n old campaigner, antwoord: "Maar, Vissie, jy swem nog jou hele lewe lank in die water!"
Wat 'n openbaring vir die klein vissie!
Hy kon nie gou genoeg terugswem na sy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie!

As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God, swem in voorspoed, swem in geluk en blydskap en swem in die liefde van ons almagtige Vader!

Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien! Somtyds is dit selfs nodig dat ons so 'n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor. Wees jy nou die klein vissie en gaan vertel jou e-posvriende waarmee God jou VANDAG geseën het!

Ek het vandag 'n werk, kos, klere, gesondheid, 'n huis, 'n motor, familie, vriende en ervaar liefde.

Ja, ek LEWE in GENADE.

Ek DANK U, My Vader Heer vir alles waarmee U my so ryklik geseën het.
Heer, laat ek vandag onderskei tussen krummels en die dinge wat werklik saakmaak.
Amen

[Anoniem]

No comments:

Post a Comment