Tuesday 8 August 2023

Bou my wéér, Here

Ek leef 'n sinkhuislewe.
My geloof is aanmekaar gelap met gate waardeur die twyfelwinde loei.
Die skewe mure van my bietjie-glo-lewe kan enige tyd inmekaar sak.
Bou my wéér, Here.
Grawe die fondamente dieper.
Sit versterkings in en gee my 'n paar lae genadeverf.
Ja, Here, hier is ek ...
Maak my geloof weer n stewig-staan-huis.
En dan plant U voor my hart die bordjie:
"Vir altyd en altyd is sy Myne"

Om jou lewe aan God toe te vertrou beteken nie dat jy jou huis bou waar daar nooit storms sal woed nie, maar dat jy 'n huis bou wat deur geen storm vernietig kan word nie.

[Anonieme bydra]

No comments:

Post a Comment