Sunday, 12 April 2020

Aktiwiteitsboekies deel 1


Besigblyboekies Voorskool

Aktiwiteitsboekie vir vakansies.

Dankie Christelle Hattingh, Karin Herbst en Nerine Oosthuizen wat hierdie boekies met Koester Karos gedeel het. Dit word opreg waardeer. Klik op die prentjie of glimwoorde om die boekie in OneDrive oop te maak. Dit vat 'n paar sekondes om oop te maak. Wees maar geduldig. Gebruik dan die pyltjies aan die onderkant om deur die boek te blaai.

Party boekies is meer op die ouers gerig en sommige boekies se heerlike aktiwiteite is meer na agter.

ONTHOU om 'n draai te maak by die "IDEES VIR TUISBLYKINDERS tydens Covid-19-bladsy."

Aktiwiteitsboekies deel 2



Activity Book (3-4 years)
Dankie Christelle Hattingh, Karin Herbst en Nerine Oosthuizen wat hierdie boekies met Koester Karos deel. Dit word opreg waardeer. Klik op die prentjie of glimwoorde om die boekie in OneDrive oop te maak. Dit vat 'n paar sekondes om oop te maak. Wees maar geduldig. Gebruik dan die pyltjies aan die onderkant om deur die boek te blaai.

Party boekies is meer op die ouers gerig en sommige boekies se heerlike aktiwiteite is meer na agter. Blaai dus die boekie deur tot aan die einde.

ONTHOU om 'n draai te maak by die "IDEES VIR TUISBLYKINDERS tydens Covid-19-bladsy."

Saturday, 11 April 2020

Grendeltyd: Paasnaweek

Paasnaweek 2020 plaas ons met die inperking in 'n unieke posisie. Gesinne is bymekaar en ouers het kans om tyd aan hulle kinders te spandeer. Daar is nou tyd om na die Paasverhaal te luister en om dit vir die kleuters te verduidelik. Met 'n grafie, 'n paar klippe en 'n kruis, kan die verhaal 'n werklikheid word.

Prentjies het nie dieselfde impak as die selfdoen-aksie nie. Addie het die graf gemaak en klippe voor die opening gepak. Sondag sal hierdie klip weggerol word. En agter die graf is die kruis geplant. 'n Unieke aktiwiteit wat vir altyd in die geheue van 'n kind ingeprent sal wees.

Interessant is die feit dat Addie die kruis Vrydag geplant het, maar Saterdag voortgegaan het om dit uit te brei. Die ander klippe stel geboue in Jerusalem voor, terwyl die grondmuur rondom Jerusalem gebou is.

[Dankie, Christelle dat jy hierdie boodskap op hierdie unieke wyse oordra.]

Gaan kuier gerus by "Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19"


Tuisblykalender: Dag 16 en 17


Thursday, 9 April 2020

Vyf vingers vir gebede

Terwyl ons hierdie naweek 'n stil Paasfees binnegaan, is dit miskien goed om na die diepere betekenis van Paasfees te kyk.

Laat die kleuters meedoen en trek hulle handjies op papier af. Inkleur kan deel vorm van hierdie aktiwiteit en skryf sommer op die vingers die mense/instansies vir wie daar gebid moet word of vir wie ons DANKIE moet sê.


Tuisblykalender: Dag 14 en 15


Tuesday, 7 April 2020

'n Boksoplossing is 'n kitsoplossing

Wat gemaak as die kleintjies na oupa en ouma verlang in hierdie grendeltyd of na sy maatjies by die skool of sommer net na SPUR se speelhoekie? Hoe verduidelik 'n mens vir 'n kleuter van 2 jaar wat Covid-19 is en dat die hele wêreld oor dieselfde kam geskeer word? Dis nie net hy wat by die huis moet bly nie.

Gelukkig vir Luan is hierdie probleem van hom in 'n kits (boks) opgelos. Oupa en ouma se huis, die skool, SPAR, SPUR en selfs juffrou se huis is binne "ryafstand". Al wat nodig is, is 'n boks en 'n hele paar karretjies en natuurlik genoeg petrol om al die "onwettige" kuiers te kan doen.

Gaan kyk hier na nog idees. (Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19). Miskien is daar 'n splinternuwe idee wat vir vandag gebruik kan word. Geniet elke oomblik saam met jou kind(ers).     


Tuisblykalender: Dag 12 en 13


Monday, 6 April 2020

Bakvernuf en -talente kan in die kombuis geslyp word ...

Hoe word kleintjies wat gelaai is met 95-oktaan energie, vir 21 dae besig gehou?

Heelwat idees het vorendag gekom. Dankie aan ouma Nerine wat hierdie foto's ingestuur het. Gaan loer gerus hier en ook hier vir nog planne.



Saturday, 4 April 2020

Pret en planne vir besige handjies buite ...

Daar is sommer hope planne en pret wat buite die vier mure van die huis gedoen kan word. Kliek op hierdie webwerf vir 99 idees van buitepret.

Luan Herbst (2 jaar) is 'n  man wat nie op hom laat wag nie en hier gee hy 'n demonstrasie van 'n premini-visvangoefening.

Vir nog idees, maak 'n draai hier. 

[Dankie Karin Herbst wat die foto ingestuur het.]

Tuisblykalender: Dag 9


Friday, 3 April 2020

Bible quiz: who are they?

1. 👥🌳 🍎 😳💀 👗 👖

2. 💪 ❤ 💃 💇⛔ 👀 ��

3. ⛵ 🏊🐋 🙏 🌴🏰 📣

4. 🐏 🐑 🚶 🎼 🎸 🇮🇱 👑

5. 🔟 🐸 🌘 👣 🐜 💀 🆓

6. ✋💦🙏 🔥 🐃 ☁ ☔

7. 🙏🚼😴📣😳👂🎎

8. 👳🚸🐪🔪👤🗻🐑

9. 👦👴💰🍺😩🐖🐖

10.🙏🔚👑⤵️🐅🆙

11🚢🐃🐃🐓🐓💦🌈

Clue ...  number 4 is David.

Bible scholars in the house let's keep answers rolling! Have fun!!

[Thank you, Babsie, for sharing this with us!]

Click here for the answer.

Thursday, 2 April 2020

Tuisblykalender: Dag 7 en 8


International Children's Book Day

First celebrated in 1967, International Children’s Book Day is held on the 2nd of April every year in order to promote children’s reading and books.

Helping to bring their imagination to life, books inspire, educate and encourage children to exercise their mind. International Children’s Book Day 2020 is designed to do just that and celebrate reading.

Reading books can help a child to learn and develop, and this can be difficult in certain parts of the world due to deprivation.

Benefits of International Children’s Book Day

The benefits of taking part in International Children’s Book Day are synonymous with the benefits of reading as a whole. Some of them include:

1. Brain exercise - reading engages and exercises the brain, helping it to better make neural connections.

2. Vocabulary improvement - the amount of terminology that a child uses and possesses can increase with regular reading.

3. Empathy and imagination - reading opens children up to new horizons, helping them think outside the box and engage with the outside world in ways they had not done previously.

4. Morale improvement - it should not be forgotten that reading is fun! Taking part in it will boost a child’s morale and uplift their mood.

Wednesday, 1 April 2020

Antwoorde vir die Bybelvasvra!

Vrae hier!
Hoe het jy gevaar? Dankie aan Babsie Swanepoel wat vir ons ook die antwoorde gestuur het.

Vergelyk gerus jou antwoorde en kyk hoe jy gevaar het.

1 Adam en Eva
2 Simson
3 Jona
4 Dawid
5 10 plae in Egipte
6 Elia
7 Samuel
8 Abraham
9 Verlore seun
10 Daniel
11 Noag