Tuesday 7 April 2020

'n Boksoplossing is 'n kitsoplossing

Wat gemaak as die kleintjies na oupa en ouma verlang in hierdie grendeltyd of na sy maatjies by die skool of sommer net na SPUR se speelhoekie? Hoe verduidelik 'n mens vir 'n kleuter van 2 jaar wat Covid-19 is en dat die hele wêreld oor dieselfde kam geskeer word? Dis nie net hy wat by die huis moet bly nie.

Gelukkig vir Luan is hierdie probleem van hom in 'n kits (boks) opgelos. Oupa en ouma se huis, die skool, SPAR, SPUR en selfs juffrou se huis is binne "ryafstand". Al wat nodig is, is 'n boks en 'n hele paar karretjies en natuurlik genoeg petrol om al die "onwettige" kuiers te kan doen.

Gaan kyk hier na nog idees. (Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19). Miskien is daar 'n splinternuwe idee wat vir vandag gebruik kan word. Geniet elke oomblik saam met jou kind(ers).     


No comments:

Post a Comment