Saturday 11 April 2020

Grendeltyd: Paasnaweek

Paasnaweek 2020 plaas ons met die inperking in 'n unieke posisie. Gesinne is bymekaar en ouers het kans om tyd aan hulle kinders te spandeer. Daar is nou tyd om na die Paasverhaal te luister en om dit vir die kleuters te verduidelik. Met 'n grafie, 'n paar klippe en 'n kruis, kan die verhaal 'n werklikheid word.

Prentjies het nie dieselfde impak as die selfdoen-aksie nie. Addie het die graf gemaak en klippe voor die opening gepak. Sondag sal hierdie klip weggerol word. En agter die graf is die kruis geplant. 'n Unieke aktiwiteit wat vir altyd in die geheue van 'n kind ingeprent sal wees.

Interessant is die feit dat Addie die kruis Vrydag geplant het, maar Saterdag voortgegaan het om dit uit te brei. Die ander klippe stel geboue in Jerusalem voor, terwyl die grondmuur rondom Jerusalem gebou is.

[Dankie, Christelle dat jy hierdie boodskap op hierdie unieke wyse oordra.]

Gaan kuier gerus by "Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19"


No comments:

Post a Comment