Thursday, 26 March 2020
Tuisblykalender
Puffy Sidewalk Chalk
Tuesday, 24 March 2020
Monday, 23 March 2020
DO THE FIVE: Help stop coronavirus
1. HANDS Wash them often
2. ELBOW Cough into it
3. FACE Don't touch it
4. SPACE Keep safe distance
5. HOME Stay if you can
(Information)
2. ELBOW Cough into it
3. FACE Don't touch it
4. SPACE Keep safe distance
5. HOME Stay if you can
(Information)
Sunday, 22 March 2020
World Water Day
World Water Day 2020 is about water and climate change – and how the two are inextricably linked.
Our country is vulnerable to climate change.
Adapting to the water effects
of climate change will protect health and save lives.
Using water more efficiently
will reduce greenhouse gases.
We cannot afford to wait. Everyone
has a role to play. The theme for World Water Day 2020 – Water and Climate
Change – has been conscientiously chosen to timely reflect the impact of
climate change on water resources and how the two are inextricably linked.
Water availability has become
less predictable over the past decade due to global warming. In some regions,
droughts are exacerbating water scarcity, thereby affecting people and
industrial productivity.
Saturday, 21 March 2020
A global crisis ...
As we face a global crisis together, let’s find positive ways to look after ourselves and each other.
Here are 3 positive steps we can all take when facing difficult times:
There are lots of things outside our control. Let’s remember to breathe and focus on what really matters so we can respond constructively.
Making wise choices helps everyone. Let’s choose positive actions that support our well being and help others to do the same.
We’re all in this together, even when we’re forced apart. Let’s stay connected and reach out to help others who may be in need.
Friday, 20 March 2020
International Day of Happiness!
World Happiness Day theme 2020 is all about being happier together. The theme mainly focuses on what we have in common instead of focusing on the things that divide us. The theme of 2020 is 'happiness for all'.
The very first International Happiness Day was observed on March 20 in the year 2013 and since then it is being celebrated every year. The campaign theme of International Day of Happiness 2020 is "Happiness For All, For Ever" that aims at focusing on what we have in common, rather than what divides us.
Actions of happiness ...
Tuesday, 3 March 2020
Saturday, 22 February 2020
Gee 'n tweede lewe vir jou boeke
Bring gerus al u klaar gelese boeke, kinderboeke en tydskrifte na Kindersorgkantore of kontak ons gerus en ons kom haal die boeke. Daar is 'n geweldige behoefte aan leesstof in die kleiner dorpies in die Noord-Kaap en ons kan ook die leesdroogte verlig deur 'n daadwerklike bydrae.
Reik uit, raak betrokke en wees 'n boekvriend vir diegene in die Noord-Kaap.

Wednesday, 5 February 2020
Ek wil so 'n broer wees ...
'n Sakeman in Kaapstad kom by sy nuwe motor aan terwyl 'n straatseuntjie dit staan en bewonder. Hy vertel die storie self:
"Toe ek die sleutel in die motordeur steek, vra die seuntjie: "Is dit Meneer se motor?"
"Dis myne, ja."
"Hoeveel het hy gekos, Meneer?"
"Ou seun, ek weet nie."
Hy kyk ondersoekend na my: "Meneer, lyk nie na die soort wat 'n motor sal steel nie, maar waar het Meneer dan die motor gekry?"
"My broer het dit vir my gegee." 'n Verlangende uitdrukking kom in die seun se oë en hy sê : "Ek wens ..."
Ek verwag dat hy gaan sê: "Ek wens ek het so 'n broer gehad," maar hy eindig sy sin anders as wat ek verwag het, en dit raak diep in my hart:
"Ek wens ek kon so 'n broer wees." sê hy. My hart ruk wild in my borskas. Sy woorde raak my so dat ek hom dadelik wil plesier. "Kom, klim in, dan voel jy hoe ry hy."
"Ek sal Meneer se kar net vuil smeer," keer hy. Ek dink by myself: jou klere mag vuil wees, maar jou hart is spierwit.
Ek dring by hom aan en hy klim gretig voor by my in. "Sal Meneer voor my huis stilhou, asseblief," vra hy dringend.
Ek hou voor 'n trapgang in 'n agterstraatjie stil. Soos 'n klipspringer is hy uit die motor en kom na 'n rukkie stadig terug met 'n kleiner seuntjie in sy arms. Die seuntjie is inmekaar getrek as gevolg van polio. Saggies sit hy die seuntjie op die onderste trap op die sypaadjie neer.
"Daar is hy, Boetie. Sy broer het dit vir hom gekoop. As ek eendag groot is, gaan ek vir jou net so 'n kar koop, dan kan jyself na al die winkelvensters gaan kyk."
Trane swem in my oë en met 'n knop in my keel sê ek: "Kom julle twee. Jou Boetie gaan sommer vandag die winkelvensters sien." Ek help om die kreupel seuntjie voor by my en die ander een in te tel. Ek ry na die grootste winkelsentrum toe in die stad.
Toe ons stilhou sê ek: "Kom ons gaan kyk," terwyl ek die kreupel outjie in my arms dra. "Soek uit wat julle wil hê." Hulle het mildelik van my aanbod gebruik gemaak en gevat wat hulle wou hê, Die volgende paar uur in hulle geselskap was die gelukkigste tyd wat ek nog ooit in my lewe ervaar het.
Ek het besef dat die loon van om aan ander te gee, nie altyd materiële loon is nie, maar dat die beter loon 'n opgeruimde en gelukkige hart is.
"Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het as ander wat suinig is. Wie 'n ander voorspoed gun, sal self 'n oorvloed hê.
Wie die dors van ander les, sal self nooit dors word nie. En ek het besef ... Ek wil so 'n broer wees.
[Dankie, Johan, dat jy hierdie verhaal met ons gedeel het.]

Tuesday, 14 January 2020
Wednesday, 1 January 2020
Wednesday, 25 December 2019
Monday, 9 December 2019
Die ervare bakkiepakker ...
![]() |
| Afrika Mokhosi |
En dan is daar ook nog so 'n bietjie Kersfees tussendeur vir die senior burgers van Ons Huis. Hierdie twee, saam met Karin Herbst en Alda Welman het hierdie Kersfees gekonsentreer op die afdeling vir die verswakte bejaardes. So dikwels vergeet 'n mens dat hierdie mense ook flinke, hardwerkende jong mense was en dat as hulle 'n keuse sou gehad het, sou hulle nie in hierdie afdeling wou wees nie... Maar die lewe loop soms ongemaklike draaie met 'n mens en daarom het hierdie spannetjie besluit om hierdie afdeling te bederf.
En so half weggesteek aan die agterkant, is 100 kg mieliemeel wat deur 'n Goudveldse weldoener met liefde geskenk word. Baie dankie hiervoor en dankie aan Francois Crauwcamp wat as tussenganger optree. Hierdie mieliemeel is dikwels die verskil tussen honger gaan slaap of nie.
Sunday, 1 December 2019
Projek: Terug-skool-toe-2020
![]() |
| Afrika Mokhosi |
Hulle weet presies hoe om te herwin en wat om te herwin, sodat dit tot voordeel van ander kan strek. Hulle praat en dink al net soos lede van die Groen Party wat die aarde wil red.
Hier teen die einde van 'n skooljaar, is daar baie blaaie wat herbruik kan word, en dit is net hier waar die twee groenes besluit het om nie net te herwin nie (save the tree), maar ook om uit te reik. 'n Goeie 246 boekies is al aanmekaar geslaan. 347 potlode is skerpgemaak, afgetel, verpak en wag vir gretige handjies om te leer skryf. En moenie bang wees om foute te maak nie, die 117 uitveërs kan hierdie sakie regstel.
Hulle twee se wens is dat daar leerders op die eerste skryftreë van die lewe suksesvol sal wees as mense.
![]() |
| Shaun Mmutsi |
Friday, 29 November 2019
Spesiaal vir die onbetrokke pa ...
My seun Fanie was agt jaar oud en was deel van die Voortrekkers vir 'n klein rukkie. Tydens een van hulle byeenkomste het elkeen 'n vel papier gekry, 'n stuk hout en vier wiele en hulle was aangesê om dit huis toe te neem en vir "Pa" te gaan gee.
Vir Fanie was dit nie 'n maklike taak nie. Pa was nie een van daardie mense wat graag iets saam met sy seun gedoen het nie. Pa het geglo dat 'n kind maar sommer self moet grootword. Maar Fanie het hard probeer en elke dag vir Pa gevra vir sy hulp.
Pa het die vel papier geneem, die voorskrifte gelees en dit smaalend eenkant gegooi. Hy was beslis nie van plan om saam met sy jong seun 'n houtkarretjie te bou nie. Die blok hout het vir weke daar eenkant gelê. Die tyd het verby gegaan.
Eendag het Ma besluit genoeg is genoeg, sy het die vel papier geneem en gekyk of sy miskien iets met die stuk hout en vier wiele kon uitrig. Projek "motorbou" het begin in alle erns. Sy het nog nooit houtwerk gedoen nie, en die beste wat sy kon doen was om stap vir stap vir Fanie te verduidelik wat gedoen moes word, en hom die werk laat doen. Hy was so gretig dat hy baie entoesiasties alles gedoen het wat Ma verduidelik het. Sy het die mates vir hom gelees, en al die moets en moenies van die motor wat gebou moes word.
Binne weke het die stuk hout vorm begin aanneem en was die buitelyne van die sportmotor al duideliker sigbaar. Effens skeef en krom, maar baie mooi (of so het Ma gedink). Fanie het nie een van die ander kinders se motors gesien nie, en was baie trots op sy "blou weerlig blits" van 'n motortjie. Daardie trots wat jy voel as jy iets self met groot gesukkel reggekry het.
Toe breek die groot dag van die wedren aan. Met sy blou houtmotortjie in sy hand, en 'n hart wat wil bars van trots het ons na die veld gery waar die groot wedren van houtmotortjies sou plaasvind. Toe ons daar aankom het Fanie se trots baie gou in vernedering verander. Sy motor was baie duidelik die enigste een wat deur hom alleen gemaak was. Al die ander motors was baie duidelik 'n seun/pa venootskap, met stylvolle lyne, en baie "cool' geverfde strepe. Regte sportmotortjies wat gebou is om die maksimum spoed uit te kry.
'n Paar van die seuns het sommer hardop begin giggel vir Fanie se skewe, onaantreklike selfgeboude en selfgebroude motor. En om dit nog erger te maak was Fanie die enigste seun sonder 'n pa aan sy sy. Daar was 'n paar seuns van enkel ouerhuise maar hulle het darem 'n oupa of 'n oom saam met hulle gehad, en al wat Fanie gehad het, was "Ma"
Die wedloop het begin en dit was gedoen deur middel van eliminasie. So lank as wat jy onder die voorste paar was, het jy in die wedloop gebly. Een vir een het die motors by die sand glybaan afgejaag. En uiteindelik was die wedloop tussen Fanie en die mooiste motortjie van die dag. Toe die laaste wedloop reg is om te begin, het my grootoog, skaam seuntjie gevra of hy die wedloop net met 'n oomblik kan vertraag, omdat hy eers wil bid ... Almal het stil geword.
Fanie het op sy knieë neergesak en sy snaakse skewe blou motortjie tussen sy handjies vasgehou. Met 'n ernstige frons op die sproetgesiggie het hy met sy Hemelse Vader in gesprek gegaan, baie ernstig het hy vir 'n minuut en 'n half gebid, toe staan hy op, glimlag vir almal en kondig ewe braaf aan: "Ok, ek is gereed".
Die skare het begin skree, en 'n seuntjie genaamd Tommie het langs sy pappa gestaan terwyl die twee motortjies teen die wal af jaag. Fanie het alleen gestaan, met net sy Hemelse Vader in sy hart en gekyk hoe sy lelike skewe motortjie met verbasende spoed teen die wal afry, en met 'n sekonde of twee voor Tommie se motortjie oor die wenstreep jaag.
Fanie het in die lug opgespring en geskee: "Dankie, Dankie!" en die skare het hulle goedkeuring uitgeskree. Die organiseerder het met die mikrofoon na Fanie gekom en vir hom gevra: "Fanie, het jy gebid om te wen?" en toe antwoord my kind: "O, nee Oom, dit sou baie onregverdig van my gewees het om te verwag dat die Here moet gee dat Tommie verloor, ek het net vir Hom gevra om my te help dat ek nie huil as ek verloor nie."
Weereens kan die wysheid van kinders ons verstom. Fanie het nie die Here gevra om die uitslag van die wedloop in sy guns te swaai nie, maar hy het die Here gevra vir krag, ongeag wat die uitslag van die wedloop was. Toe Fanie die eerste keer al die ander motors sien, het hy nie God beskuldig omdat al die ander seuns pa's gehad het wat hulle gehelp het, en hy net vir Ma gehad het nie. Nee hy het net gebid vir krag om die uitslag met waardigheid te aanvaar.
Miskien spandeer ons te veel tyd om God te vra om die uitkoms van ons lewenswedloop in ons guns te laat swaai, om ons die wenners te maak. Of miskien spandeer ons teveel tyd om God te vra om die wedloop heeltemal te verwyder, in plaas daarvan om op ons knieë neer te sak en God te vra om ons krag te gee om die wedloop met waardigheid te voltooi.
Fanie het nie gebid om die ander seuntjie te laat verloor nie, dit was onregverdig in sy oë. Hy wou net krag hê, krag om nie te huil as Tommie se motortjie gewen het nie. Deur die wedloop te stop, en eers te bid, het hy vir almal daar gewys dat hy nie daar was sonder 'n Vader nie, sy Hemelse Vader was die hele tyd by hom. Daardie aand het Fanie as oorwinnaar weggestap, met sy Vader langs hom.
Here maak ons soos Fanie, gee ons krag om die stryd met waardigheid te voltooi, en deur dit alles, hou asseblief ons hand baie styf vas.
AMEN!
(Geleen)

Sunday, 24 November 2019
Projek: Terug-skool-toe-2020
![]() |
| Sarah Welman besig om te knip en pakkies te maak. |
Thursday, 14 November 2019
Subscribe to:
Posts (Atom)