Sunday 24 November 2019

Projek: Terug-skool-toe-2020

Skielik is die 2020-projek drie paar hande ryker.
Johan en Sarah Welman het vir drie weke uit
Australië kom kuier. Hulle bied toe aan om by een
van die baie liefdadigheidsprojekte te help,
terwyl hulle so kuier-kuier deur die Vrystaat en
Karoo reis. Johan het die skenking van 148 potlode
innoverend verdubbel, sodat meer leergierige
handjies een kan kry. Om 'n "punt" te wys,
het hy sy ma gevra om die stomp potlode skerp te maak.
88 jaar is nog nie te oud om uit te reik nie. Dankie vir
hierdie onbaatsugtige hulp. Dit word baie waardeer.
Dankie aan Annelené Botes en Ronell van Wyk
vir die skenking van die skryfbehoeftes.
Sarah Welman besig om te knip en
pakkies te maak.


No comments:

Post a Comment