Sunday 1 January 2023

Mag dié jaar jou heel gelukkigste ooit wees

mag hierdie jaar vir ons almal meer engel wees
'n groot sagte engel
'n deernisengel
met groot sagte vlerke
wat omvou
toevou
wegkeer
en mag die mensdom teenoor mekaar 
meer engel wees
groot sagte engele
deernisengele
met groot sagte vlerke
wat omvou
toevou
die swaargeit vir mekaar wegkeer

Mag dié jaar jou heel gelukkigste ooit wees.
Mag die lewe en jou geliefdes jou op hul hande dra.
Mag jou kat 'n grootse poging aanwend om jou eerste en homself tweede te stel.
Mag jy tyd hê om tussen die blomme te lê.

mag jy geliefd voel
en geborge wees
mag jy bemind voel
en gelukkig wees
mag jy gewaardeerd voel
en vol vrede wees
mag jy altyd lief vir jouself
en vir die wêreld om jou wees

[Onbekend]

No comments:

Post a Comment